Hierdie is perfekte happies vir die vakansie.
Alles vir Maandag 10 Desember 2018
Boek: Die Edik van Nantes-kookboek
In ‘Die Edik van Nantes-kookboek’ nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle ʼn kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem.
22 sterf binne 12 uur op KwaZulu-Natalse paaie
Altesaam 22 persone is Saterdag dood op paaie in KwaZulu-Natal, met een ongeluk op die N2 naby Empangeni wat 15 lewens geëis het.
12 toetsbeamptes in die hof oor bedrog
Twaalf beamptes wat in hegtenis geneem is met vervalste voertuiglisensies en rybewyse, sal Maandag in twee provinsies in die hof verskyn ná hulle die naweek agter tralies deurgebring het.
Kragkrisis: Eskom moet nou oop kaarte speel, sê DA
Dis tyd dat Eskom oop kaarte speel met Suid-Afrikaners wat duidelikheid en eerlikheid verdien wat betref die huidige kragkrisis, het die DA Sondag gesê.
Vandag se sportnuus
Gholf, sewesrugby, krieket en hokkie – al die sportnuusbrokkies van die afgelope naweek
Mans vas oor dagga van R1,6 miljoen
Polisiebeamptes van Victoria-Wes in die Noord-Kaap het Sondagoggend ʼn groot deurbraak gemaak toe twee mans in hegtenis geneem is wat dagga ter waarde van ongeveer R1,6 miljoen vervoer het.
Gedagte vir die dag: Kry ’n goeie agenda in plek vir jou tong
Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde. (Spreuke 18:21)