“Hy is baie siek en baie swak.”
Alles vir Donderdag 13 Desember 2018
Sakpasresep: Eenskottel hoender-en-rysgereg
Met hoender en rys kan jy ver kom! Hierdie is een van daardie lekker resepte wat ʼn hele paar honger magies kan vol maak.
Hof sal toesien dat Zuma regsgeld terugbetaal
ʼn Ooreenkoms tussen Zuma en die presidensie om sy regskoste te betaal, is in dié uitspraak ter syde gestel.
Vrou vas oor pasgebore baba in sak
“Omstanders het gehoor hoe ʼn baba huil onder die tamaties en uie wat die vrou in ʼn sak by haar gedra het.”
Nóg ’n verdagte vas oor rooftog op polisiestasie
Dít volg nadat ʼn vrouekonstabel van die Oos-Kaap in hegtenis geneem is nadat sy na bewering vroeër vanjaar vier mans gehelp het om ʼn gewapende rooftog op Kareedouw se polisiestasie uit te voer.
Luister: SA sanger wil naam maak oorsee
“Ek sien altyd Pretoria as ʼn klein dorpie en nou is ek in Londen. Dit was baie moeilik; om te verhuis is amper soos om ʼn dood te verwerk.”
Zuma moet self vir regskoste opdok
Die DA het die hof genader om uitspraak te lewer oor of Zuma R15,3 miljoen se regskoste moet terugbetaal.
SA’ners soek in 2018 dié resepte aanlyn
Dit lyk of Suid-Afrikaners vanjaar ʼn soettand ontwikkel het, nadat in verlede jaar se mees gesoekte resepte nie een soetding was nie, is daar vanjaar vier!
Video: Mense op hol ná taxi’s opruk
Sosialemediagebruikers is op hol gejaag deur ʼn video wat uit die lug geneem is waarop gesien kan word hoe ʼn groot aantal taxi’s in konvooi iewers heen ry.
Reën kan kans op beurtkrag verhoog
Geen beurtkrag is vir die afgelope vier dae toegepas nie en Suid-Afrikaners hou duim vas dat hul Kersboomliggies dwarsdeur die feesseisoen sal bly flikker.
Krieket: Mzansi se eerste kampioen dié week gekroon
Met net twee wedstryde oor, word die eerste Mzansi Superliga-kampioen die naweek gekroon.
Theresa May oorleef mosie van wantroue
In ʼn toespraak het May gesê haar regering is opnuut daarop ingestel om die Brexit te verwesenlik waarvoor Britse kiesers gestem het, “een wat beheer oor ons geld, grense en wetgewing herstel”.
Groot dele van SA moet hom staal vir hitte
Die weerdiens het gewaarsku hitte van dié aard kan hittekrampe, uitputting, dehidrasie en in uiterste gevalle selfs beroerte veroorsaak.
DA sak terug in Wes-Kaapse tussenverkiesings
Die DA het sy agteruitgang in die Wes-Kaap voortgesit op ’n dag waarop die ANC groot sukses in tussenverkiesings landwyd behaal het.
Sakeliga wil BLF-geld vir eiendomsbeskerming gebruik
“Soos onlangs weer is dit duidelik dat die BLF en Mngxitama geen agting vir eiendom, die integriteit en waardigheid van ander mense, of selfs die regsorde self het nie.
Maroela se geskenk aan jou is ʼn Kerstyd propvol goeie nuus
Ons geskenk aan jou vanjaar is ‘n goeienuus-feestyd. Gedurende die vakansietyd rondom Kersfees en Nuwejaar gaan ons dít wat ons kies om te publiseer, só kies dat dit jou opbeur, inspireer, moed gee en nuwe hoop laat kry. Lees Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, se brief om seker te maak jy is op hoogte met wat jy rondom Kersfees en Nuwejaar op Maroela Media te wagte kan wees.
Nuuskommentaar: Bly of gly – dit is die vraag
Pres. Ramaphosa se nuwe daeraad sal die land bly ontwyk solank dinge nie ook behoorlik reggeruk word nie. Om die Afrikaner, of enige minderheid, van dié regrukaksie uit te sluit help ook nie. Of dit reg of verkeerd is om te emigreer het geen eenvoudige antwoord nie, en vir almal geld ook nie dieselfde antwoord nie.
Boek: Die mooiste stories uit ʼn Duisend en een nagte
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan ʼn skatkis van tydlose verhale.
Vandag se sportnuus
CSKA Moskva het koning gekraai in hul kragmeting teen Real Madrid in Eufa se Kampioeneliga en Pakistan se krieketspan kom vandag in Suid-Afrika aan vir hul reeks teen Suid-Afrika. Lees hier vir ʼn opsomming van vandag se belangrikste sportnuus.
Resep: Witsjokolade-en-bessiekaaskoek
ʼn Heerlike nagereg vir die feestyd!