“Hierdie man het hulle met die dood gedreig sonder om enigsins in ag te neem dat ʼn kind in die kar was.”
Alles vir die maand Desember 2018
Verbasing toe passasiers hoor wie is aan die stuur
“Ek was eers ʼn bietjie besorg omdat ek weet hy vlieg net deeltyds. Maar ons het goed opgestyg en geland.”
Verkragter kry drie maal lewenslank
Die twee mense by haar het weggehardloop, waarna die aanvaller haar na bosse daar naby gesleep en met ʼn mes gedreig en verkrag het.
‘Meeste tot dusver vanjaar landuit’
Amper 2 000 Suid-Afrikaners, hoofsaaklik wit mense, verhuis op die oomblik maandeliks landuit na veral die Verenigde Koninkryk, Australië en Amerika.
CNN dank medewerker af oor Palestina-uitsprake
Die netwerk het geen rede verstrek nie.
Kullery in marathon ʼn ‘skreiende skande’
In die mees blatante geval het ʼn verkeerskamera hardlopers afgeneem waar hulle minstens 1 km voordat hulle veronderstel was om ʼn U-draai te maak, omgedraai het.
Teleurstellende Blitse kry pak in kwarteindronde
Vier weghol-oorwinnings, een daarvan ʼn groot verrassing, en ʼn teleurstellende vertoning deur die Blitsbokke.
Gautengse landdros in boeie oor korrupsie
Die landdros het na bewering omkoopgeld van twee verdagtes geëis en onderneem om hulle met hul volgende hofverskyning vry te laat
Optog in Baai teen bendegeweld
“Daar moet ʼn spanpoging wees waarin alle belanghebbendes saamwerk om die oortreders aan die kaak te stel.”
Pro14: Baie spanveranderinge sal ʼn rol speel
Om, selfs op hulle tuisvelde, voorspellings te waag as die Cheetahs en die Kings speel, is nie wys nie.
VF Plus: Nuwe straatnaam ‘sal Jode aanstoot gee’
“Regulasies deur die Johannesburgse metro is voorgehou dat net ʼn straatnaam wat aanstoot gee, verander mag word. Die vraag is: ‘Hoe gee Sandton aanstoot?’”
15 beseer in grusame taxi-botsing
Een van hulle, ʼn man, was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel behandel.
Discovery kry wind van voor
Die Raad vir Mediese Skemas (CMS) het ʼn stokkie voor Discovery Health Medical Scheme se planne gesteek om sy KeyCare Plus-opsie se premies met sowat…
Nog beurtkrag terwyl Eskom steier
Verbruikers landwyd skuld Eskom R30 miljard, waarvan die helfte deur inwoners van Soweto, suidwes van Johannesburg, geskuld word.
George Bush sterf op 94
Een van sy groot prestasies was die rol wat hy gespeel het in die vereniging van Oos- en Wes-Duitsland in 1990.
Kerk beskerm asielsoekers met oneindige erediens
Predikante in ʼn Protestantse kapel in Den Haag wissel mekaar nou al langer as ʼn maand deurentyd tydens ʼn ononderbroke erediens af om te keer…
Gedagte vir die dag: Ons geloof maak ons blind vir menslike vooroordele
In hierdie nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is. (Kolossense 3:1)