“Ons grondspanne van 80 brandbestryders sal heeldag en deur die nag op die toneel bly.”
Alles vir Dinsdag 8 Januarie 2019
25-jarige se lewenslesse ná jaar sonder nuwe klere
“Ek het besef menslike besittings moet nie definieer wie jy is nie, dit bepaal nie jou geluk of skoonheid nie. Kyk binne jouself en laat dít definieer hoe gelukkig jy is.”
Vier jaar ná rugbyspeler sy nek breek het hy steeds hope moed
Dokters het weinig hoop gehad dat Heinrich Terblanche weer sou kon loop. Met hope durf het hy egter nie net langs sy vrou voor die kansel gestaan nie, maar is hy ook ’n inspirasie vir baie spelers.
Een sterf, talle beseer in Pretoriase treinongeluk
“ʼn Groot aantal pendelaars is beseer en minstens een het gesterf.”
‘Staatsgreep’ in Gaboen gefnuik; twee sterf
Die Suid-Afrikaanse regering het Maandagaand die gepoogde staatsgreep ten sterkste veroordeel en gesê hy ondersteun die Afrika-Unie-beleid dat alle ongrondwetlike magsveranderinge ten sterkste verwerp word.
Moordklag teen oupa wat inbreker doodskiet
“Ek is ’n saggeaarde mens, maar ek sal nie toelaat dat iemand my vrou en kleinkind leed aandoen nie.”
Luister: Wiele2Wiele gesels oor die nuwe Megane R.S.
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Demi Lee kraai steeds koning op Top-20
Manie Jackson, Refentse, Ivan Roux en Tarryn Lamb se snitte klim ook te danke aan verkope tydens die feesseisoen.
Resep: Blitsvinnige mini-eier-wraps
Wraps (tortilla-voupakkies) is ʼn basiese bestanddeel wat heelwat mense op ʼn laekoolhidraatdieet verkies. Gelukkig is eiers so veelsydig en gesond dat dit blitsvinnig as ʼn plaasvervanger voorgesit kan word.
Nuuskommentaar: Twiet + (oud)politikus = moeilikheid?
Staan jy grootliks buite die openbare diskoers omdat jy nie deel van die twietende gemeenskap is nie? Herman Toerien, self (nog) nie ’n twitteraar nie, kyk hoe veral politici met die slimfoon in die hand vaar.
Luister: Só staan sake na eerste skof van Dakar
Die eerste skof van vanjaar se Dakar-tydren het Maandag plaasgevind.
Wen: Stuur vir ons foto’s van jou gr. 1’tjie se eerste skooldag!
Stuur vir ons jou graadeentjie se eersteskooldag-foto vir 2019 en jy kan ʼn wonderlike Maroela-geskenkpak wen!
Staking dreig by Unisa nog voor akademiese jaar begin
Hoopvolle studente het Maandag die sypaadjies buite die universiteit se kampus in Pretoria vol gesit in die hoop dat die hekke oopgemaak sal word nadat die instansie gesluit is weens die dreigende staking.
Vandag se sportnuus
By die Fast4-tennistoernooi in Sydney het die Wêreldspan (Rafael Nadal en Milos Raonic) vir span Australië (Nick Kyrgios en John Millman) met 2-1 verslaan. Intussen word die gasheerland vir die Afcon-toernooi van 2019 vandag bekendgemaak.
Video: Ondersoek geëis ná maatskaplike verslae in veld gevind word
Die dokumente sluit in vertroulike aansoekvorms vir maatskaplike toelae, oordragaansoeke vir kindersorgtoelae en verslae van maatskaplike werkers.
Vermiste Ier in SA gevind
Stanley Currie (66), die man van Noord-Ierland wat vermis geraak het nadat hy ʼn week gelede na Suid-Afrika gekom het om ʼn vrou te ontmoet met wie hy blykbaar twee jaar lank op die internet gesels het, is Maandag opgespoor.
Gedagte vir die dag: Groter vreugde as dit
U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. (Psalm 4:8)