ʼn 37-jarige beskuldigde wat na bewering lid van ʼn groep was wat ʼn man van ʼn bank in Nelspruit, Mpumalanga, agtervolg en in ʼn parkeerterrein beroof het, het vandeesweek in die plaaslike landdroshof verskyn.
Alles vir Vrydag 11 Januarie 2019
Vroue sterf toe vragmotor huis binnebars
“Ongelukkig het twee vroue in die huis noodlottige beserings opgedoen.”
Boere wei uit oor liefdeslewe ná reünie
Sommige paartjies het ná die 11de seisoen van die gewilde kykNET-reeks steeds die skoot hoog deur, terwyl ʼn paar van die boere nog enkellopend is.
Liga dring aan op swart onnie by Schweizer
“Ons wil hê dat gelyke indiensneming en regstellende aksie by die skool toegepas word waar 99,9% (sic) van die onderwysers wit is.”
Woord: swalk
Ken jy die woord “swalk”? Taaltoffie stel ondersoek in
Staat wil dalk wegdoen met aannemingsfooie
“Dit kniehalter gesinne wat ʼn werklike belangstelling het om aangenome kinders te koester omdat hulle nie die fooie kan bekostig nie.”
ʼn Brief aan die juffrou by Laerskool Schweizer-Reneke
Ek is die mamma wat vir drie jaar in ʼn ry ʼn eerstedag gr. R-maatjie by jou kom aflaai het. Die dag van 9 Januarie 2019, absolute blydskap… Tot die bom bars!
R45 miljoen-huis vir Meghan en Harry voor baba se koms
Dié kothuis was ʼn geskenk aan die egpaar van koningin Elizabeth af.
Nuuskommentaar: Ras en taal in een klas
Die onderwyseres van Schweizer-Reneke wat geskors is weens ’n foto wat toon hoe swart en wit kinders in ʼn klaskamer geskei is, verdien om aan ’n behoorlike en onafhanklike ondersoek onderwerp te word voordat sy verguis word. Die aandrang op Engelse onderrig in Afrikaanse skole het reeds hofsake tot gevolg gehad waarin die regering bloedneus gekry het. Wees sensitief, eerder as bevooroordeeld.
Drie dood in tragedie op Vrystaatse plaas
“Terwyl sy met hom gepraat het, het sy geluide gehoor. Die volgende oomblik is die oproep kortgeknip.”
Nóg ʼn terugslag vir treindienste in Pretoria
Dit kom nadat die Metrorail-treindienste reeds Dinsdag deur ʼn noodlottige treinongeluk by die Mountainview-stasie in Pretoria ontwrig is.
Wikipedia: Onderwyser, word gekroon as die Wiki-Onnie!
Maroela Media het onderwysers se hulp nodig om ʼn bydrae tot die Afrikaanse biblioteek op Wikipedia te maak. Daar is reeds byna 68 000 artikels in Afrikaans op Wikipedia beskikbaar, maar dit skiet nog ver te kort aan die behoefte van Afrikaanse skoliere.
Verdagte dood in skietery met polisie
“Tydens die skietery het een van die verdagtes in ʼn polisievoertuig gespring en weggejaag.”
Padtoets: Die Toyota Yaris laat my dink aan rooiwyn …
Met die bekendstelling van die Toyota Yaris kon die voertuig my aanvanklik nie oortuig nie maar ek moet sê … soos hy inloop, raak dit ʼn lekker ryding – hy kort net bietjie tyd om asem te haal, soos wyn, skryf Brendon Staniforth.
Wikipedia-kompetisie: Nagraadse student, wen ʼn jaar se klasgeld!
Die nagraadse student wat tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 die meeste artikels op die Afrikaanse Wikipedia gepubliseer het, staan die kans om een jaar van sy of haar klasgeld te wen, en boonop as die Wiki-Meester gekroon te word!
Luister: Nog hoop vir SA by Dakar
Suid-Afrika se Dakar-hoop lê nou in die hande van Nasser Al-Attiyah in die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux.
Die antwoord is altyd Jesus
Dit is die begin van die jaar, alles is nuut en vreemd en binne jou is daar baie vrae oor al die onbekende dinge waarmee jy nog hierdie jaar te doen gaan kry.
Piet van Zyl vertel alles oor daardie têkkel
Daar was ’n tyd toe die media hom verguis het as ’n rampokker en ’n sportboef. Rian Oberholzer het gesweer Piet van Zyl sal nooit weer sy voete by ’n rugbywedstryd in Suid-Afrika sit nie.
Begroot vir finansiële sukses in 2019
Moenie die belangrike rol wat ’n begroting in jou finansiële welstand speel, gering ag nie. Stel vandag nog ’n begroting op as jy nie reeds een het nie. As jy ’n begroting het, hou daarby.
Vandag se sportnuus
Die Proteas en Pakistan se derde en finale toets begin vanoggend om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg.