“Gideon was die naweek in Steelpoort en was op pad terug na Middelburg waar hy in die koshuis is.”
Alles vir Maandag 14 Januarie 2019
Lady Gaga, Glenn Close deel Critics-toekenning
“Ek dink ek kan namens al die vroue in die vertrek praat as ek sê dat ons mekaar vier.”
Alternatief is Groot ‘is die nuwe jool’
“Van die grootste musiekmakers in die alternatiewe mark gaan almal saam op een verhoog wees. Konsertgangers kan uitsien na kunstenaars soos Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Jan Blohm en Early B.”
Kylie-foto op Instagram onttroon
Kylie Jenner se baba-aankondiging het vir amper ʼn jaar lank die top-posisie op Instagram behou as die foto wat die meeste trefslae nóg op dié sosialemediaplatform gekry het, maar Jenner is pas deur ʼn onverwagse wenner onttroon.
Nuuskommentaar: Prômisses, prômisses, want dis verkiesingstyd
Verskeie faktore gaan bepaal of die ANC in die komende algemene verkiesing 65% van die stemme gaan trek en of daar te veel los drade is wat vir Ramaphosa kan kniehalter.
Feite versus Populisme: ʼn Les vir die DA
As die DA nie op die feite gaan begin fokus nie, gaan hulle slagoffers van hul eie populisme word, skryf James Kemp.
‘Groot bespiegeling’ ná sakeman se lyk in rivier gevind word
“Hy was ʼn fenomenale sakeman en ʼn fenomenale prokureur met wie ʼn mens nie gemors het nie.”
Woord: hamburger
Waar kom ons aan die woord “hamburger”? Taaltoffie stel ondersoek in
ANC of Suid-Afrika – die kantelpunt is naby
Die volgende paar dae sal duidelik maak of die ANC en sy leierskap Suid-Afrika, ons Grondwet en versoening eerbiedig, skryf Jaco Schoeman.
Tiener kan arm verloor ná slangbyt
“Rian het na haar kamer toe gegaan en die duvet opgelig, toe spoeg die kobra hom.”
Donker wolke hang oor SA se ekonomiese groei in 2019
Ackerman sê omdat dit ʼn verkiesingsjaar is, sal daar nie ongewilde stappe (soos verlede jaar se BTW-verhoging) in die begroting aangekondig kan word nie en daar dus min in die begrotingsrede sal wees om die graderingsmaatskappye mee te paai.
Lesersbrief: Vir wie gaan jy stem?
Met die nasionale verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir watter party moet mens stem? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig meen ‘n Maroela-leser.
Om ʼn jong Afrikaner te wees, is haas onmoontlik
Hierdie meningstuk handel oor ʼn probleem. Nee, nie ‘n nuwe probleem nie – dit is al immers ‘n paar dekades oud – maar dit het nou tyd geword om dit uit te spel: Dit is “onmoontlik” om ‘n jong Afrikaner in Suid-Afrika te wees, skryf Daniel du Plessis.
De Kock deel Pak-slae uit
Enige kans wat Pakistan gestaan het om die derde toets op die Wanderers teen die Proteas te wen, is waarskynlik deur Quinton de Kock se pragbeurt in die wiele gery.
Boek: Kaarte
Hierdie kaartboek is veel meer as ʼn gewone atlas – dit is ʼn visuele fees vir lesers van alle ouderdomme en is ryklik versier.
Lielie Muis ‘is veilig by Jesus’
“Ons harte is bitter seer, maar ons weet sy is veilig in Jesus se hande. Rus sag kleine Lielie Muis. Almal gaan jou mis.”
Resep: Beste hoenderpastei
Almal is mos lief vir ʼn heerlike hoenderpastei!
Overberg-brande woed steeds op plekke
By Bettiesbaai, waar die krag- en watertoevoer nog nie herstel is nie, is die brand bedwing en duur opruimingswerk vandag voort.
Luister: Sesde sneltrajek begin by Dakar
Die sesde sneltrajek het Sondag by die Dakar-ren afgeskop nadat daar Saterdag ʼn rusdag was.
Vandag se sportnuus
Die Proteas en Pakistan se derde en finale toets het gister sy derde dag op die Wanderers in Johannesburg beleef.