Drie van Oosthuysen se immergewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.
Alles vir Donderdag 17 Januarie 2019
Namibië skrap SEB, maar SA vra meer
Pres. Hage Geingob van Namibië het die land se 25%-SEB verlede jaar afgeskaf, maar Suid-Afrika wil dit nóg strenger toepas om die ekonomie te laat groei.
SA’ner sterf in Kenia-terreuraanval
“Hy was koelkop en kon humor in elke situasie inbring. Hy was ons kollega en ons vriend.”
Frankryk se geelbaadjies en die rewolusie van die werkers
Wat ook al in Frankryk gaan gebeur, wil dit voorkom of die Europese bevolkings toenemend in opstand kom teen hul eie verkose leiers se selfsug en hul ignorering van hul kiesers se wense.
Vandag se sportnuus
Die Sharks se skrumskakel, Louis Schreuder, is aangewys as kaptein van vanjaar se span vir die Superrugyreeks en die Proteas en Pakistan se eerste eendagwedstryd word Saterdag in Port Elizabeth gespeel.
Feesseisoen-padsterftes neem skerp toe
Die minister sê verskeie faktore het tot die slagting op die land se paaie bygedra, insluitend alkohol- en dwelmgebruik, nalatige bestuur, onpadwaardige voertuie, korrupsie, versuim om sitplekgordels te dra en motoriste wie se aandag afgetrek word.
Vyfjarige dood ná honde haar gryp
“Die oomblik toe die vrou die hek oopgemaak het, het die honde glo die meisie gegryp en haar doodgebyt.”
Verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo
Die Demokratiese Republiek van die Kongo verteenwoordig alle probleme van Afrika in sy ergste graad en is ʼn gevallestudie van ʼn land met geweldige potensiaal vir wie egter alles sedert onafhanklikheid in 1960 verkeerd geloop het.
Gedagte vir die dag: God staan by wat reg is
Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. (Psalm 9:8)