Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Dinsdag ʼn waarnemende sekretaris vir die kommissie van ondersoek na staatskaping aangestel nadat die vorige sekretaris op spesiale verlof geplaas is.
Alles vir Dinsdag 22 Januarie 2019
Lesse wat ek by ta’ Miem geleer het
Vandag het ons gemeenskap opnuut weer uitdagings. Soortgelyke uitdagings, maar in ʼn ander tyd. In tant Miem se storie het ek opvallende leerpunte my eie maak, skryf Henk Schalekamp.
Jacques Bessenger is ‘ʼn sterk introvert’ in ‘Dwaalster’
“Hy is baie sensitief vir ander mense se gevoelens, maar die grootste ding wat hom raak, is wanneer Annabel na Maanhaarsdrif terugkeer.”
Oudpremier VF Plus se premierskandidaat
“Die VF Plus is ʼn party wat hom beywer vir die beskerming van minderheidsgroepe in Suid-Afrika.”
Lesse te leer uit die Schweizer-sage
Die politieke debat en sosialemedia-oproer oor die eerste skooldag by Laerskool Schweizer-Reneke het nog nie bedaar nie. Die vraag is: Wat het hierdie gebeure veroorsaak en wat kan almal hieruit leer?
Drie polisielede in hospitaal ná rooftogte
“By hul aankoms op die toneel, is hulle deur ʼn koeëlreën begroet en het hulle teruggeskiet.”
Kagiso in wêreldtoetsspan
Kagiso Rabada is die enigste Suid-Afrikaner wat deur die Internasionale Krieketraad se keurkomitee in hul wêreldtoetsspan vir 2018 ingesluit is.
Nóg ’n staatsgebou in Pretoriase middestad gesluit
Dít volg nadat die departement van korrektiewe dienste se hoofkantoor in September verlede jaar ontruim en gesluit moes word.
Mnangagwa terug in Zim om vure dood te slaan
Toegang tot sosiale media soos Facebook, Twitter en WhatsApp was oor die naweek steeds geblokkeer. Die regering het aangevoer die internet word gebruik om die gewelddadige protesaksies te reël.
Krygkor-hoof kry spesiale verlof ná Bosasa-aantygings
Wakeford word blykbaar geïmpliseer in die beëdigde verklaring aan die kommissie deur Angelo Agrizzi, fluitjieblaser en voormalige Bosasa-bedryfshoof.
Opskuddings by Aussie Ope
Die Aussie Ope sorg vir hope opskuddings op die tennisbaan. Suid-Afrika se sesde gekeurde dubbelspeler, Raven Klaasen, het ook die onderspit gedelf.
Hap saam met Lochner: Vegetariese burger
Hierdie is nie wat-wou burger nie, dit is ’n behoorlike maaltyd en selfs al is jy nie ʼn vegetariër nie, sal jy hiervan hou!
Polisie vra hulp ná gruvonds by stadion
Die polisie het op sy deels verkoolde oorskot afgekom kort nadat ʼn veiligheidswag hulle van die vonds in kennis gestel het.
Boekresensie: Jy kán verander
Haar skryfstem is gesaghebbend én gemaklik, en maak dat die leser die kosbare inhoud toeganklik vind, dit begryp en daarmee identifiseer. Ek het die boek persoonlik van waarde gevind en beveel dit heelhartig aan.
‘Rower’ meld glo wegkommotor as gekaap aan
Die vermeende rower en sy makkers het na bewering op die vlug geslaan, maar hul wegkommotor het op die plaas agtergebly. Die verdagte is daarna na die polisie om dié voertuig as gekaap aan te meld.
Minstens 20 in reuse-ongeluk beseer
“Ek raai motoriste aan om die toneel tot elke prys te vermy en van ompaaie gebruik te maak.”
Video: Wonderkind-haarstilis is net ses jaar oud
ʼn Sesjarige seuntjie van die suidweste van China het al duisende klante beïndruk met sy talent vir haarstilering.
SA neem ‘goeienuus’-boodskap na WEF
Nog lede van die afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum sluit in Popo Molefe, voorsitter van Transnet; Stephen Cornell en Bongani Nqwababa, uitvoerende hoofde van Sasol; Lesetja Kganyago, goewerneur van die Reserwebank; Stephen Koseff, uitvoerende hoof van Investec; en Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery.
Boer 30 skape kwyt ná veediewe toeslaan
ʼn Buurman het die gru-ontdekking langs ʼn pad in die distrik gemaak en die boer in kennis gestel.
Opod ondersoek skietery op Durbanse strand
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat stel ondersoek in na ʼn skietery tussen pres. Cyril Ramaphosa se lyfwagte en partytjiegangers op ʼn Durbanse strand.