Hy het gesê die bewyse oor korrupsie wat in die SOE-verslag vervat was, was soos “vrugte van ʼn vergiftigde boom”.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Januarie 2019
Verlate ‘handsak-baba’ sterk goed aan
Die babadogtertjie, vermoedelik drie weke oud, is Maandagaand in ʼn handsak op ʼn sypaadjie in Sunnyside gevind.
Motoris in bedelaar-video by MRK verkla
“Dit is rassisties polariserend en uiters beledigend teenoor alle wittes en benadeel sosiale samehorigheid in Suid-Afrika.”
Jiba nié op bedrogaanklag vervolg
Jiba is voorheen vervolg rakende haar betrokkenheid by die sage waarin genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, aangekla is. Haar vervolging is gestaak nadat adv. Shaun Abrahams as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) oorgeneem het.
R100 000 vir inligting oor dié man
Die polisie in Limpopo bied ʼn beloning van R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn hoogs gesoekte voortvlugtende moordverdagte van dié provinsie.
Man kritiek ná elektriese skok
ʼn Man is Donderdagmiddag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy tydens ʼn elektriese skok brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen het.
ToekomsVenster: Jesus begin preek
Jesus is God se nuwe hoofstuk met die wêreld. Niks kan ooit weer dieselfde wees nie.
Motorfietsmoord: Drie hoor oor borgtog
Met hul inhegtenisneming is ook beslag gelê op ʼn silwergrys Isuzu-bakkie waarmee die drie glo by Williams se huis opgedaag het.
Duisende ontvoerde meisies in Mali aangehou
Van die meer as een miljoen Nigeriërs in Mali, is sowat 20 000 vasgevang in gedwonge prostitusie.
Tukkies se ‘insig in taalbeleid’ bevraagteken
“Nóg AfriForum nóg AfriForum Jeug het al ooit gevra dat Afrikaans die enigste onderrigtaal [aan die UP] moet wees – inteendeel, ons het opsies van drie tale voorgestel, wat Engels insluit.”
Opskud vir dié wat matriekeksamen wil herskryf
Hierdie vraestelle is bedoel vir matriekleerders wat nie hul matriek voltooi het nie, diegene wat hul uitslae wil verbeter óf nie hul matriekeindeksamen die eerste keer geslaag het nie.
Sassa-kaarte: Diefstal, bedrog in Limpopo
Gerugte van bedrog en diefstal om die toelae van begunstigdes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) te verkry wil maar net nie gaan lê nie.
Gaan dit ’n Nadal/Djokovic-finaal wees?
Spanje se Rafael Nadal het gemaklik na die eindstryd van die Australiese Ope deurgedring en ’n watertandontmoeting met die wêreldnommereen is te wagte.
Luister: ‘Predikantsvrou’ Henriëtta gesels oor ‘Dominee Tienie’
Sy word geken as die feeks in die Afrikaanse televisiereeks Sonkring, en nou is sy die predikantsvrou in die nuwe rolprent Dominee Tienie. Henriëtta Gryffenberg vertel oor haar rol in dié fliek.
Drie lewenslange vonnisse vir reeksmisdadiger
Hy is op meer as 20 aanklagte skuldig bevind, insluitend verkragting, seksuele aanranding, ontvoering, gewapende roof en besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Vlakfontein-moorde: Verdagte se dood ‘teleurstellend’
“Dit is geen gewone hofsaak nie, gegewe die aantal mense wat vermoor is. Die familie en die mense van Gauteng wil graag die waarheid hoor oor die gebeure wat tot hierdie verskriklike misdaad gelei het.”
Grondkwessie ‘nie meer ʼn nare monster’
“Ons het dit in verskillende forums wêreldwyd gesê en die versekering gegee dat ons nie grondgrype in Suid-Afrika sal toelaat nie.”
Bosasa het joernaliste glo betaal om stories nie te skryf
“Hy het joernaliste betaal? Vir wat?” waarop Agrizzi geantwoord het: “Vir inligting, om nie stories te skryf nie.”
Schweizer-onnie dankbaar vir ‘ondersteuningspad’
“Ek kan nie wag om my kinders [leerders] te sien en hulle elkeen ʼn stywe druk te gee nie.”