“Sy was lief vir almal en almal was lief vir haar. Sy het mense soos ʼn ma en ʼn ouma versorg.”
Alles vir Donderdag 24 Januarie 2019
Boekresensie: Begin jou eie groentetuin
Begin jou eie groentetuin is propvol waardevolle wenke om in ’n japtrap jou eie groente te kweek, of dit nou op ’n vensterbank, vertikaal teen ’n muur of in jou agterplaas is.
Tekenprent: Wanneer sosiale media die verkeerde brande stook…
Tekenprentkunstenaar Jerm reken sosiale media is besig om die verkeerde brande te stook, in plaas daarvan dat ware kwessies aangeroer word.
Red Bull gee branderplanke vlerke
Die wêreld se grootste vlieërplankkampioenskap gaan binnekort in Kaapse waters aangebied word.
‘Ramaphosa moet nóú in Zim ingryp’
“Daar is niks wat die president keer om die telefoon op te tel en die regte ding te doen nie.”
Julius Caesar, Cyril Ramaphosa en grondhervorming
Ondanks die intensiewe aandag wat grondhervorming in Suid-Afrika tans geniet, is daar een feit waarop ons gerus meer gereeld kan let: grondhervorming is allermins ʼn nuwe verskynsel.
Bejaarde sterf week ná wrede aanval
Willemse was verlede week alleen tuis op die hoewe waar sy ingewoon het saam met haar susterskind en dié se man Bettie en Gerrit du Preez, toe drie mans omstreeks 03:00 toegang tot die huis verkry en haar oorval het.
Noue ontkoming vir NMU-studente
’n Veldbrand in Noordhoek het glo die universiteit se Suidkampus weens stormsterk winde teen ’n spoed genader waarna die brand ’n heining by ʼn gedeelte van die kampus oorgesteek het.
Schweizer-onnie kan terug skool toe
Prinsloo het in haar uitspraak gesê rassisme moet uitgeroei word, maar nie gesoek word op ʼn plek waar dit nie bestaan nie.
Vrou wil met haar duvet trou
ʼn Vrou wil met haar duvet trou, want dit is die “mees intieme en betroubare verhouding” wat sy nog ooit gehad het.
Nog kleinhandelmaatskappye stel beleggers teleur
“Dit was duidelik deurdat klante grootliks terug-skool-toe-produkte gedurende die Kersseisoen gekoop het. Dit het die besteebare inkomste vir speelgoed vir die eerste keer verbygesteek.”
Taalgebruik: gros
Wat beteken “gros” en hoe word dit gebruik? Taaltoffie stel ondersoek in
Mag jy ook met eer dien soos Mabel Jansen
Hoe dien mens met eer? Dit is om dalk ʼn entjie verder te ry om ʼn Afrikaanse onderneming te ondersteun. Dit is om jou kinders na ʼn Afrikaanse skool te stuur, maar om terselfdertyd ander kulture in ons land te respekteer en saam te sorg dat dinge in ons geliefde land vir ons werk. Dit is om in jou gemeenskap betrokke te wees.
Vlakfontein-moorde: Verdagte dood aangetref
Hy en nog ‘n beskuldigde is in hegtenis geneem nadat die polisie in Oktober 2018 op die liggame van vier kinders en drie volwassenes afgekom het by hul huis in Johannesburg.
Vyf sterf toe man in bank losbrand
Die aanvaller het die polisie gebel om hulle te vertel hy het skote geskiet in die bank.
Maimane, Malema soek antwoorde oor Bosasa-bewerings
“Hierdie onthullings het ʼn einde gebring aan die mite dat korrupsie in die ANC bloot iets was wat tussen voormalige pres. Jacob Zuma en die Gupta-familie voorgekom het.”
Jo Black: ‘Dit is alles nét genade’
“Ek kan nie dink dat daar enige ander ou is wat so dankbaar is soos ek nie.”
Resep-video: Peppermint Crisp-tert
ʼn Klassieke tert met ʼn resep só maklik dat enigeen dit kan bemeester!
Ouerskap gaan oor veel meer as net geboorte gee
“Dit gaan oor baie meer as om bloot net ’n huis te verskaf. Dit gaan daaroor om die kwesbares te help om empatiese, gesonde volwassenes te word.”
Podlitiek: Facebook geskok, DA se onderrok en by Coligny gejok
Hierdie week bespreek Podlitiek vier van die gebeure in hierdie kontrasterende tye, naamlik die skokkende Facebook-video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny-moordsaak, asook gebeure in Zimbabwe.