“As ʼn land, skiet julle julself in die voet. Julle sal oor 30 jaar hieroor spyt wees.”
Alles vir Vrydag 25 Januarie 2019
Binnelandse sake slaggereed vir kiesersregistrasie-naweek
“Ek is heel tevrede dat ons kantore gereed sal wees om ons landsburgers oor die komende naweek te help.”
Kommissie hoor Mdluli ‘is beskerm’
“Ons het geglo daar was ʼn prima facie-saak teen Mdluli en ons was bekommerd dat hy beskerm is teen vervolging.”
Staatsgebou in Pretoria binne dae weer oopgestel
Sowat 400 werknemers is Maandag uit die Isivuno-gebou in Lilian Ngoyistraat verwyder ná klagtes oor werknemers se gesondheid en veiligheid.
Schweizer-onnie se stryd nog nie verby
Elana Barkhuizen se skorsing is gister deur die arbeidshof in Johannesburg ter syde gestel, maar nou lê daar nog ʼn stryd vir haar voor.
Klagte ingedien oor bloed in rivier
“Dit is ʼn walglike situasie en totaal onaanvaarbaar.”
Nuuskommentaar: Is ras onderliggend aan bedanking van DA se Gwen Ngwenya?
Het die DA se eie “krokodil” hom nou seer gebyt met die bedanking van sy beleidshoof, Gwen Ngwenya?
Faf: ‘Ons het hom vergewe’
“In Suid-Afrika moet jy versigtig wees wat jy sê … ons is egter seker hy het nie die aanmerking só bedoel nie.”
Vyfde vertoning vir Afrikaans is Groot in Kaapstad
Kaartjies vir ʼn vyfde Afrikaans is Groot-vertoning in Kaapstad is nou beskikbaar.
Boek: God het jou gekies
29 indiepte-studies oor die Nuwe-Testamentiese boek Efesïers.
Verbruikersake: Ongemagtigde debietorders
Debietorders vir bedrae minder as R100, wat nie deur die rekeninghouers goedgekeur is nie, het verbruikers weer erg omgekrap. Ina Opperman het gaan vasstel wat hulle gaan doen.
Die seemanne van Suiderstrand
Ja, dit was die dae. En vandag lê “my skip” op die bodem van die see. Ek dra hierdie artikel op aan die seemanne van die Paul Kruger wat hul lewens verloor het toe ons geliefde skip gesink het.
Vandag se sportnuus
Drie Pro14-wedstryde word vanaand gespeel terwyl albei Suid-Afrikaanse spanne ook die naweek in aksie is. Intussen begin die IAAF se Wêreld- binnenshuise toer môreaand in Boston in die VSA.
Staatskaping-kommissie hoor klankopname oor ‘Zuma-gesprek’
“Ons moet hierdie ding beëindig, meneer die President. Ons moet die regte mense op die regte plek kry. Jy moet nou die regte besluite neem, jy het nie baie tyd nie.”
Opod swyg oor McBride se kontrak
Dit is onduidelik of die besluit om Robert McBride se kontrak as uitvoerende hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) te beëindig steeds van krag is.
Stormweer dié naweek verwag
In sommige gebiede kan dit gepaardgaan met hewige reënval, hael, skadelike stormsterk winde en kitsvloede.
Gedagte vir die dag: Dwaalweg, kruisweg
Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie. (Psalm 14:3)