“Die appèlproses kan eers begin nadat die vonnisverrigtinge afgehandel is.”
Alles vir Maandag 28 Januarie 2019
Foto’s: Sterre haal uit en wys by die SAG-toekennings
Vanjaar het die bekendes vrolike kleure en snitte gedra, met net die regte tikkie skitterglans en detail.
Vrou leer dowe Yorkie reageer op gebaretaal
Sy vertel sy het Yogi, ʼn dowe Yorkie, as agt weke oue hondjie in Desember op haar verjaarsdag as verrassing gekry nadat sy maande lank na ʼn dowe hondjie gesoek het.
Naam bekend van roeiafrigter wat by regatta sterf
Deelnemers was besig om alles weg te pak toe ʼn 19-jarige roeiafrigter en ʼn 14-jarige leerder van die Wes-Kaap deur ʼn weerligstraal getref is.
Brand lê ANC-kantoor in Vaaldriehoek in puin
“Dis ʼn lafhartige daad deur mense wat geweld en dreigemente wil gebruik om die ANC se werk in die streek te ondermyn.”
EFF vra swaar vonnis vir Coligny-moordbeskuldigdes
Daar was ook ʼn oproer in die openbare galery nadat ʼn joernalis ʼn foto van die EFF-ondersteuners wou neem terwyl daar gewag is vir die hofverrigtinge om te begin.
Isis verantwoordelik vir katedraal-ontploffings
Isis het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontploffings wat die lewe van 20 mense geëis het en tientalle beseer gelaat het.
Sarfraz geskors ná gewraakte kommentaar
Pakistan se kaptein, Sarfraz Ahmed, is deur die Internasionale Krieketraad oor die vingers getik vir sy gewraakte kommentaar in die eendagreeks teen Suid-Afrika.
En die wenners van die SAG-toekennings is …
Terwyl dit Bohemian Rhapsody was wat die meeste aandag getrek het by die Golden Globes vroeër dié maand, het die lig behoorlik op Black Panther geskyn tydens dié glansgeleentheid.
DBV waarsku teen uitbreking van hondesiekte
“As jou hond nie gereeld ingeënt word of die afgelope jaar ingeënt is nie, laat hom of haar dadelik inent.”
Zimbabwiërs verdien beter
Wat sake nóg verder vertroebel, is dat die Zimbabwiese weermag weer begin het om skerp ammunisie teen betogers te gebruik. Mnangagwa het ook aangedui dat dit is hoe die geweld in Zimbabwe stopgesit gaan word. Alles dui dus daarop dat die vlamme in Zimbabwe al hoe hoër gaan brand.
Foto’s: 58 dood, 300 vermis ná dam breek
“Ek het net ’n geskree gehoor; mense het gesê ons moet uitkom. Ek moes met my familie na hoër dele vlug, maar daar was geen sirene nie.”
Hoërskool Stilfontein swig nie voor betogers
“Ons het nie toegegee aan hul eise nie.”
Podlitiek-onderhoude: Gerhard de Beer maak naam in VSA-voetbal
Luister gerus na hierdie interessante episode oor dié jong Afrikaanse man wat vir homself naam maak in die VSA.
Woord: halsoorkop
Waar kom ons aan die woord “halsoorkop”? Taaltoffie stel ondersoek in
Pakistan laat Proteas pienk bloos
Die Proteas het hul eerste Pienkdag-wedstryd tot dusver op die Wanderers verloor, ná Pakistan gesorg het dat Faf du Plessis se span oor hul pienk veters gestruikel het.
Politiek in die Verenigde State van Donald Trump
Op uitnodiging van Maroela Media gaan ek maandeliks ’n rubriek oor die politiek in Amerika skryf – merendeels om die feite van wat régtig tans in Amerika aan die gang is, korrek weer te gee, om die leuens van die hoofstroommedia aan die kaak te stel en te verduidelik waarom die Amerikaanse politiek so plofbaar is.
Chris Chameleon: Moses (deel 1)
Tuisgekom, het ons hom Moses gedoop, want ons het hom in die riete gevind…
SA sakeman se weduwee desperaat vir tweede lykskouing
“ʼn Vinnige nadoodse ondersoek is gedoen sonder om my in te lig, my toestemming te kry of dat ek teenwoordig was. Hoe sal ons weet of die uitslag waar is en of die liggaam nie opsetlik besmet is nie?”
Nuuskommentaar: Die maklikste ding ter wêreld is om doemprofeet te wees
Koerantopskrifte is genoeg om baie mense erg negatief te stem. Wetenskaplikes kla gereeld dat baie mense eerder die kafstories van doemprofete as wetenskaplike bevindinge wat deur portuuroorsigte bevestig is, glo. Die Christen kan nie maar die hande in die lug gooi en niks doen nie. Ons moet die hande uit die moue steek, en God se instrumente wees, ook met die komende verkiesing.