“Die soet van die mielies met die sout van die spek gee ’n heerlike smaak. Dit is selfs lekkerder die volgende oggend,” vertel ʼn Maroela Media-leser.
Alles vir Maandag 28 Januarie 2019
Parys-boere: Saak hervat drie jaar ná 2 sterf
Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.
Vonnisverrigtinge begin in Coligny-moordsaak
Die vonnisverrigtinge gaan voort ondanks die feit dat die enigste ooggetuie in die saak teen Doorewaard en Schutte, Bonakele Pakisi, na bewering erken het hy het gelieg toe hy aan die hof gesê het hy het gesien hoe die twee mans die tienerseun vermoor.
Boek: Die skilpad se laaste traan
In ‘Die skilpad se laaste traan’ verken Carol Campbell weer die magiese, oeroue wêreld van die Karoo, vir donkiejare reeds die plek van die karretjiemense.
Verdagte in polisiemoord aangekeer
ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy ʼn polisiebeampte tydens ʼn gewapende rooftog ʼn week gelede in Port Elizabeth doodgeskiet het, is Sondag in hegtenis geneem.
Vandag se sportnuus
Novak Djokovic teen Rafael Nadal by die Australiese Ope; Suid-Afrika teen Pakistan op Wanderers; Ernie Els en Justin Harding by die Omega Dubai Desert Classic – hier is al die sportnuus vir die afgelope naweek.
KZN-vrou al meer as ʼn maand lank vermis
“Ons glo regtig iets het met haar gebeur.”
‘Ramaphosa oneerlik oor onteiening sonder vergoeding’
President Cyril Ramaphosa mislei Suid-Afrika deur voor te gee dat onteiening sonder vergoeding noodsaaklik is om grondhervorming te laat slaag, sê die VF Plus.
Minister dankbaar oor vreedsame kieserregistrasie
Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het aangedui hy is dankbaar vir die groot getal kiesers wat die afgelope naweek by stempunte opgedaag het, veral in die beleërde Vuwani in Limpopo.
Man skok dood by Jhb-substasie
Werknemers van City Power in Johannesburg het Sondag op die liggaam van ʼn man afgekom wat doodgeskok het toe hy aan ʼn substasie gepeuter het.
Gedagte vir die dag: My alles is by U
Ek het vir die Here gesê: “U is my Heer; buiten U is daar vir my niks goeds nie.” (Psalm 16:2, BDV)