“Absa sal binnekort ʼn permanente aanstelling in die pos van groeps- uitvoerende hoof aankondig.”
Alles vir Dinsdag 29 Januarie 2019
Ses diere in Krugerwildtuin doodgeskok
Beamptes het op die karkasse van ’n kameelperd, twee leeus, twee hiënas en ’n renoster afgekom.
Varsitybeker: Twéé kapteins van één dorp en met één droom
Marius Verwey (Tukkies) en Driaan Bester (UJ) was nie net op skool “aartsvyande” nie, die tweestryd duur nou ook op universiteitsvlak voort.
Video: Kaapse gesin gee hul kar vir koerantverkoper
“Dit is eintlik nie ʼn groot ding wat ons gedoen het nie.”
Kalwerliefde en al die nadraaie
Ek kon reukwater ruik en op ‘n hart, netjies uitgeknip het dit in sierletters gestaan: “Ja, ek hou ok baie van jou!” Terug in die klas het ek vinnig na haar gekyk en sy het bloedrooi gebloos. Dit was kalfieliefde op sy mooiste en kosbaarste!
Slotbetoë in Sizani-bedrogsaak aangehoor
Die staat beweer Sizani het glo “spookonderwysers” aangestel en tussen 2009 en 2010 na bewering hul salarisse in haar sak gedruk.
Sportafrigter geskors ná molestering-bewerings
“Die beheerliggaam het hom dadelik geskors nadat die klag vandeesmaand onder hul aandag gebring is.”
Krygkor-hoof sê Agrizzi se bewerings is ‘kwaadwillig’
“Krygkor het geen kontrakte met Bosasa aangegaan nie. Inteendeel, Krygkor het geen kontrakte met enige Gupta-gekoppelde maatskappye aangegaan nie.”
Boekresensie: Die Edik van Nantes-kookboek
“Kos is die toegang tot onvergeetlike kuiers, duisende kerse, prettige tafels en die genesende, veilige teenwoordigheid van familie en vriende.”
Luister in 3 minute: Belastingopstand en WEF
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is die regering wat oor belasting gewaarsku is, sprake van ʼn belastingopstand en die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos
Zim stel taakspan aan oor Motlanthe-aanbevelings
Die kommissie het ondersoek ingestel na die noodlottige skietvoorvalle op 1 Augustus, ʼn dag ná die land se algemene verkiesing, asook talle probleme wat waarnemers uitgelig het.
Video: Passasiers spring uit brandende bus
Passasiers en omstanders het verslae staan en kyk hoe die bus deur die vlamme verwoes word.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Honda se Amaze
In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor Honda se Amaze, die Suzuki Jimny en die Kaapstad-motorskou.
Uitdrukking: Iemand se ore brand
Hoekom sê ons iemand se “ore brand”? Taaltoffie stel ondersoek in
ANC moet opdok ná wantrouemosie in Msimanga
“In die algemeen het die hof beslis hul argument vir ʼn geheime stemming was heeltemal gebrekkig, onoortuigend en swak op meriete.”
Nuuskommentaar: Media en staatskaping, en die verkiesing
Die druk waaronder veral die gedrukte media verkeer, gaan sorg dat sommige politieke partye wat vantevore deur die media “gejag” is, nou sal moet aanpas en die media moet “jag”. Al minder media kan nog bekostig om lesers te vervreem deur, soos in die verlede, ’n bepaalde politieke party blatant te steun, en selfs vir verliese weens minder lesers oor verkiesingstyd te begroot.
AB slaan honderdtal in Bangladesj
AB de Villiers het gister amok in die Bangladesj Premierliga gemaak.
Coligny-moord: Hof hoor oor ‘rassespanning’
Die staat sal na verwagting vra dat Agnes Mosweu, ma van die vermoorde tiener Matlhomola Mosweu, ter strafverswaring getuig.
Kosblikkie-video: Hamrolletjies
Dit kan nogal vervelig raak as daar elke dag dieselfde broodjie in jou kosblik is. Hier is ʼn lekker, maklike en gesonde manier om die kosblik se inhoud net so ʼn bietjie op te vrolik.
Resep: Lietsjie-yskastert
ʼn Heerlike vars tert vir die somer!