“Slaag- en toelatingsvereistes wat deurentyd verlaag word – soos wat pas weer die geval met toelatingsvereistes vir tersiêre studie was – skep die indruk dat selfs die groep wat slaag, toenemend minder het om aan werkgewers te bied.”
Alles vir die maand Januarie 2019
Matriek-video 2018: ʼn Passie vir tale
Erika Bos is nie verniet as Hoërskool Centurion se akademiese duxleerder vir 2018 aangewys nie. Sy het bewys sy verdien dié toekenning deur onderskeidings in ses vakke te kry!
Bouwer is trots op elke matrikulant!
Bouwer Bosch het ‘n spesiale boodskap vir elke matrikulant van 2018 wat suksesvol die eksamen voltooi het!
Matriek-video 2018: Carla is gefokus
Die lang ure wat sy agter haar lessenaar deurgebring het, het vir Carla Smit, oud-leerder van Hoërskool Waterkloof, nie minder nie as agt onderskeidings in die sak gebring.
Die geheimsinnige klip op Afrika se historiese suidpunt
Eendag, sowat 15 jaar gelede, loop ek vir Joneby daar raak. “Pierre, kom ek wys jou Jan se klip,” beduie hierdie deurwinterde en innemende Suidpunter.
Matrieks 2018: Sterkte met jou toekoms!
Radio-omroeper Almarie du Preez van Bok Radio se mooi glimlag wys dat sy sommer baie trots is op 2018 se matrikulante wat so hard geleer het.
Matriek-video 2018: “Begin vroeg” is die antwoord
Anika Loubsher, oud-leerder van Hoërskool Noordheuwel, spog met nege onderskeidings! Gaan kyk haar video en vind self uit hoe sy dit reggekry het. Sy deel ook vyf eksamenwenke om ʼn lang, strawwe eksamen meer draaglik te maak.
Gedagte vir die dag: Hier is jou plek
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie ’n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. (Psalm 1:5)
Nasionale matriekuitslae aangekondig
Motshekga het gesê dit is verblydend om te sien dat die matriekslaagsyfer die afgelope agt jaar deurlopend bó 70% was.
Die top-10 kosgiere vir 2019
Mense wil gesonder eet, hulle wil die kos self maak en hulle wil dit vinnig maak.
ToekomsVenster: Jy is met God ’n medewerker
Hoe gebruik God jou? Waarmee is jy in opdrag van die Here besig? Nou besig?
Video: Bruidegom kan nie ophou lag nie
ʼn Bruidegom is gewoonlik emosioneel op die dag wat hy met sy mooiste vrou in die wêreld trou en ʼn paar trane word soms gestort. Dié bruidegom het egter trane in sy oë van al die lag.
IEB-slaagsyfer ‘die gevolg van gehalte onderrig’
“Private skole moet aan ontsettende streng registrasievereistes voldoen en word gedurig gekontroleer om te verseker die skole verskaf gehalte onderrig. Disfunksionele openbare skole behoort aan dieselfde streng vereistes onderwerp te word.”
Dít is in 2018 die meeste gesoek op Google
Google het die lys van die mees gesoekte onderwerpe wêreldwyd in 2018 op dié internetsoekenjin bekendgemaak.
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die jaar van Ramaforie
Na Ramaphosa se aanstelling vroeg in 2018, het die publiek op beter gehoop. Dit is duidelik weerspieël in die rand se aanvanklike bewegings en die uitsonderlike versterking in verbruikersvertroue. Hierdie vertroue het nie sterk deurgevloei na verskeie “harder” ekonomiese metings nie, skryf Gerhard van Onselen.
Taalgebruik: vasberade, vasbeslote
Taaltoffie ondersoek die betekenisverskil tussen die woorde “vasberade” en “vasbeslote”
IEB-matrieks behaal slaagsyfer van 98,92%
Matrikulante van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) het ʼn slaagsyfer van 98,92% in die 2018-eksamen behaal.
Foto’s: Fakkel glo oorsaak van hewige Overberg-brand
“Dit was ʼn traumatiese nag vol onsekerheid. Brandbestryders het die hele dag onverpoosd probeer om die vlamme onder beheer te kry sonder die moontlikheid van lugondersteuning.”
Leon van Nierop: Flieks wat jy in 2019 moet sien
Hier is ‘n paar flieks wat jy beslis nie in 2019 moet misloop nie!
Nuuskommentaar: Skaapslag op die strand
Die storm om Clifton se vierde strand-voorval, wat deur onder andere die ANC as ras-uitsluiting voorgehou word, het ’n komplekse stert bygekry toe ’n skaap op tradisionele wyse op die strand geslag is. Hoe moet so iets hanteer word, veral met die oog op vanjaar se verkiesing? Objektiwiteit hier vereis dat politieke korrektheid geen ruimte het nie.