ʼn Nuwe spesie knopiespinnekop wat onlangs in Suid-Afrika ontdek is, is moontlik die grootste van sy soort in die wêreld.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Februarie 2019
Omstrede pastoor deur Valke gegryp
Die klagte teen die egpaar sluit in bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA).
Solidariteit gaan BLF hof toe vat
“Ons is absoluut gewalg deur die opmerkings deur die BLF se woordvoerder Lindsay Maasdorp waarin hy die dood van die wit kinders verwelkom.”
Eskom leen R15 miljard
“Dit is bemoedigend dat finansiële markte die kragvoorsiener steeds in ʼn positiewe lig sien terwyl gepoog word om finansiële en operasionele stabiliteit te verseker.”
Miller se veldwerk beter as ʼn drankie op ʼn warm dag
Dit was eerder David Miller se veldwerk as Faf du Plessis en Reeza Hendricks se kolfwerk wat die kollig gesteel het.
Clifton-herrie in parlement bespreek
Strandgangers is na bewering deur die private veiligheidsmaatskappy PPA aangesê om die strand te ontruim.
DA-jeug wil BLF verkla ná skooltragedie
“Terwyl die land rou oor die dood van drie leerders by die Hoërskool Driehoek, het die BLF van die mees veragtelike sentimente versprei.”
Vrou vas oor dwelms om lyf, in maag
“Daar was ʼn band om haar lyf waarin dwelms versteek is.”
Nog ʼn verdagte vas oor sakeman se lyk in rivier
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die sakeman Eric Lyell (68) wie se liggaam in die Vaalrivier gevind is.
Dissiplinêre aksie teen HK-lede by NWU
Die ommeswaai kom nadat die huiskomiteelede se skorsing op 31 Januarie opgehef sou word.
Nege dood ná mislukte transitoroof
“Dit is nog ʼn hartseer dag vir die polisie en die land.”
Skooltragedie: ‘Hy was ʼn pragtige seun’ sê pa
Die ander twee leerders wat in Vrydag se ramp dood is, is intussen geïdentifiseer as Jandré Steyn en Marli Currie, albei 13 jaar oud en in gr. 8.
Hele OBK-direksie bedank
Die hele direksie van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het laat Vrydag bedank.
Gedagte vir die dag: Los jou kommer by Hom
Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg. (1 Petrus 5:7)