Constantino Chiwenga, adjunkpresident van Zimbabwe, is Saterdagaand na ʼn hospitaal in Kaapstad gehaas.
Lees meerAlles vir Sondag 3 Februarie 2019
Sharks struikel in Lions se web
Die Spider-Man Lions het die Black Panther Sharks in die Superheldsondag-wedstryd gewen.
Skooltragedie: Departement van arbeid stel ondersoek in
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy meegevoel betuig oor ʼn vierde skolier se afsterwe nadat ʼn betonloopvlak Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark meegegee het.
‘Wêreldmagte se dreigemente breek die protokol’
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het haar departement opdrag gegee om in gesprek te tree met die vyf ambassadeurs wie se lande glo ʼn memorandum oor korrupsie en ander dreigemente aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.
Negejarige gaan soek hulp vir ma, sussie
ʼn Beseerde negejarige seun het Sondagoggend hulp gaan soek ná hy saam met sy ma en agtjarige sussie in ʼn ongeluk was op die Viljoenskroonpad, suid van Potchefstroom.
Wêreldmagte waarsku SA regering oor korrupsie, BEE
Die VSA, Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland en Switserland het ’n memorandum aan president Cyril Ramaphosa gerig rakende die bedreiging wat misdaad, twyfel oor eiendomsreg en korrupsie vir buitelandse beleggings inhou.
DA wil BLF se deelname aan verkiesing stuit
“Die OVK kan nie met ʼn goeie gewete aanvaar dat ʼn party, wat homself verlustig in die afsterwe van leerders by Hoërskool Driehoek, op die stembrief geplaas en die geleentheid gebied word om aan die land se verkiesing deel te neem nie.”
Oos-Kaap-munisipaliteit gaan 12 biblioteke sluit
Die ANC-beheerde Dr Beyers Naude- plaaslike munisipaliteit (Graaff-Reinet) in die Oos-Kaap is van voornemens om Maandag al 12 biblioteke in dié munisipaliteit te sluit.
Twee vas oor miljoene se perlemoen
Ondersoekwerk het beamptes van die Wes-Kaapse blitspatrollie na ʼn huis in Milnerton gelei.
Departement gemaan oor nie-betaling van internskappe
Die Gautengse departement van gesondheid is gemaan om persone wat mediese internskappe doen en onlangs geplaas is, maar nie die afgelope week betaling ontvang het nie, dadelik te betaal.
Gesinne ontruim ná verwoestende storm in Ladysmith
Verskeie families is Saterdagaand dakloos gelaat en ander is na gemeenskapsale ontruim ná ʼn verwoestende storm in Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Skooltragedie: Vierde skolier sterf
ʼn Vierde skolier is oorlede ná ʼn strukturele ineenstorting Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.
Ramaphosa verwelkom onthullings by ondersoeke
Suid-Afrikaners moet nie bekommerd wees oor onthullings by verskeie kommissies van ondersoek nie, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.
Malema benadruk onteiening sonder vergoeding
Die EFF het beloftes gemaak oor onder andere werkskepping, salarisse vir spesifieke ambagte en onteiening sonder vergoeding.
Twee dood, 29 beseer toe taxi’s bots
Twee persone is dood en minstens 29 persone beseer toe twee minibustaxi’s Saterdagaand op die N4 naby Valentia Park in Nelspruit gebots het.
Groen Skerpioene tree op oor bloed, riool in Nylrivier
Die Groen Skerpioene gaan erge besoedeling van die Nylrivier deur onder meer riool-inlating, en bloed en fetusse afkomstig van die munisipale abattoir op Modimolle (Nylstroom), as ʼn prioriteit ondersoek.
Blitsbokke speel om vyfde plek uit
Ná ʼn futlose vertoning teen Engeland in die bekerkwarteindstryd, is die Blitsbokke se Sydney-bekerdroom daarmee heen.
DA pleit vir beter polisiediens ná nog ʼn plaasmoord in Noordwes
Die Demokratiese Alliansie (DA) het met leedwese van nog ʼn plaasaanval verneem waarin ʼn bejaarde vrou vermoor en hul huiswerker na bewering ontvoer is.
Gedagte vir die dag: Daardie klein jakkalsies
Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen. (Galasiërs 5:25)