“Ek het ʼn behoefte in my hart gehad om uit te reik na ander mense in Suid-Afrika, wat moeg is vir al die geweld, misdaad en diskriminasie – al die seer.”
Alles vir Dinsdag 5 Februarie 2019
Bosasa wou my intimideer, sê redakteur
Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, het Dinsdag by die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig oor talle telefoonoproepe en boodskappe wat hy ontvang het om hom te verhoed om oor Bosasa te berig.
IVP veroordeel vandalisme by KZN-hospitaal
“Dit is onvoorsiene en onnodige uitgawes. Dit maak ons baie kwaad dat mense steeds eiendom vandaliseer wanneer hulle gefrustreer is.”
AfriForum takel enorme grondeis in Centurion
“Ek beskou hierdie eis as pure opportunisme. Die verslag is net gegrond op hoorsê en is plek-plek vaag met onbelangrike inligting en talle spelfoute. Dit is beslis nie ʼn akkurate verslag nie.”
OBK-raad bly vir eers van krag
Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat versoek het om uit hul amp verlig te word, sal van krag bly tot die minister van finansies nuwe direkteure aangestel het.
Só gaan dit met flaminkkuikens
“Daar moet besluit word watter plek die beste vir hulle gaan wees – of dit weer Kamfersdam gaan wees of ʼn ander dam. Daardie gesprek gaan nog ʼn rukkie duur.”
Span uit by die see: Kampplekke op die strand
’n Behoorlike vakansie by die see is een waar jy voortdurend die see kan sien, voel, hoor en ruik. Hier is ‘n paar kampplekke op die strand.
SAOG: Kommerwolke pak saam oor weervoorspellings
Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) waarsku oor die risiko’s weens weerfratse.
Boekresensie: Lang pad onnetoe
Soms lees ’n mens ’n boek wat jou soos ’n muil in die maag skop. Jason Reynolds se multi-bekroonde Long way down, meesterlik vertaal in Kaaps as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal, is só ’n boek.
Hoekom ʼn rooitapyt rooi is
Het jy al ooit ʼn glansryke toekenningseremonie gekyk en gewonder waarom die lang tapyt nou eintlik rooi is?
Onder die Bome: Wysheid, insig en so ʼn ietsie oor Plato
Het jy dikwels die behoefte om die wêreld om jou beter te verstaan? Wonder en dink jy soms oor allerlei dinge wat jou omring – onseker hoe om kop of stert daarvan uit te maak? Vir die leergieriges onder ons, is hierdie nuwe, weeklikse podsendingreeks, Onder die Bome, die ideale doepa vir ʼn honger brein!
10 000 vee ingeënt ná bek-en-klouseer uitbreek
Geen gekloofde hoefdiere mag gevolglik binne, buite of om dié gebied wei nie.
Uitdrukking: Die oogappel
Hoekom word die liefling die “oogappel” genoem? Taaltoffie stel ondersoek in
Leon van Nierop se resensie: The Favourite
The Favourite gaan dalk met ʼn hele korset vol Oscars wegstap, moontlik veral in die draaiboek, regie en spel-kategorieë.
AB en Rilee maak amok in Bangladesj
Die krieketwêreldbeker is om die draai en twee van die Proteas se oudsterre, AB de Villiers en Rilee Rossouw, is besig om die lang steel behoorlik in Bangladesj in te lê.
Ramaphosa wil beleggers by mynbou-indaba bekoor
Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand ʼn gehoor van sowat 6 000 besluitnemers probeer oortuig dat Suid-Afrika dié plek is vir enige uitbreiding van hul mynbou-aktiwiteite.
Jong paartjie sterf saam 6 weke ná troue
“Hulle was baie, baie lief vir mekaar. Hulle was ’n voorbeeld van wat liefde is en baie mense het opgekyk na hulle.”
Voertuigverkope daal skerp; uitvoere verbeter
Januarie 2019 is ʼn maand wat baie motorvervaardigers gou sal wil vergeet.
Luister: Wiele2Wiele gesels met Dakar-wenner
Content hosted by iono.fm Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en…
Studente begin hul rugbybeurse verdien
Die eerste ronde van die Varsitybeker het Maandagaand op ’n universiteitsveld naby jou afgeskop. Tukkies, Maties, Ikeys en die Pukke was aan die wenkant gewees.