Is daar ’n verband tussen die byna histeriese heldeverering wat sommige Afrikaners vir pres. Donald Trump van die VSA en pres. Wladimir Poetin van Rusland koester, en die feit dat die Afrikaner lanklaas ’n leier met uitvoerende magte oor die Afrikaner gehad het? Herman Toerien ontleed die stelling.
Alles vir Woensdag 6 Februarie 2019
Die wêreld in foto’s – 6 Februarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Man dagvaar ouers oor sy geboorte ‘sonder toestemming’
“Jou ouers het jou gekry in plaas van ʼn speelding of ʼn hond. Jy skuld hulle niks nie. Jy is bloot hulle vermaak.”
Rits bekendes in nuwe familiedrama-reeks te sien
Die regisseurs van trefferflieks soos Hollywood in my huis, Vaselinetjie, Susters en Toorbos het saam aan dié splinternuwe reeks op kykNET geskryf.
Gedig: Entelegie
“ʼn seidissel groei in die bars op die stoep …” IL de Villiers se gedig, “Entelegie”
Centurion-onnie van molestering aangekla
Die onderwyser is sedertdien uit sy pos verwyder.
Dit woel in Afrika vroeg in die jaar
Hier is Sebastiaan Biehl se opsomming van die belangrikste nuusgebeure in die vasteland in Januarie.
Zontes ZT310-X ʼn stylvolle pendelfiets
’n Mens moet objektief kyk na die ZT310-X en nie met sekere vooraf opgestelde menings met hom ry nie. Dit is ’n uiters bekwame pendelfietsie.
Reën bring effens verligting vir Karoo
Die Touwsrivier is een van die riviere in die droogtegeteisterde Karoo-streek wat ná die naweek se reën die eerste keer in vier jaar weer gevloei het.
2 dood, 4 beseer in vroegoggendbotsing
Twee mans het veelvuldige beserings tydens die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Man gevonnis vir Bethlehem-moord
ʼn Verbyganger het op die liggaam aan die oewer van die Liebenbergsvleidam afgekom. Die liggaam was met tou vasgebind en klippe is aan sy voete vasgemaak.
Omstrede pastoor, vrou hoor oor borgtog
Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, het in die handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Meer as R800 000 ingesamel ná skooltragedie
“Die span het luisteraars gevra om te help, en die terugvoer was groter as wat ons ooit kon verwag.”
Goeie nuus vir kleuter ná behandeling in VSA
“Ons het aan haar verduidelik die monstertjies in haar kop is nou weg.”
Trump: ‘Die muur sál gebou word’
“As ek nie tot president van die VSA verkies is nie, sou ons nou, na my mening, in ʼn groot oorlog met Noord-Korea gewikkel gewees het.”
7 vas ná Bosasa-onthullings
Die verdagtes, almal tussen 50 en 78 jaar oud, is voormalige werknemers van die departement van korrektiewe dienste en Bosasa-amptenare.
Ses, sewe … Proteas het T20-léwe!
Die Proteas speel vanaand in die laaste T20-kragmeting teen Pakistan. Hoewel hulle reeds die reeks beklink het, sal hulle skoonskip teen die besoekers wil maak.
Betoging vlam weer op in Midrand
Motoriste word aangeraai om intussen van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien Allandaleweg steeds gesluit is.
Eskom word dalk binnekort verdeel
Luidens die bespiegelinge het die taakspan aanbeveel dat Eskom in drie bedryfsmaatskappye verdeel word, wat kragopwekking, kragvoorsiening en verspreiding sal insluit.
Nuuskommentaar: Staatsrede – eenheid of verdeel en heers?
’n Aankondiging dat Suid-Afrika ’n reuse-olievonds ontdek het, word “binne dae” verwag, maar die omvang daarvan is reeds breedvoerig in die media bespreek. Môre se staatsrede kan drasties deur so ’n aankondiging geraak word. Daarsonder is daar soveel dempende kwessies dat Ramaphosa sal moet uithaal en wys om dit nie deur pessimisme te laat verswelg nie.