Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Alles vir Vrydag 8 Februarie 2019
Podlitiek: ‘’n Staatsrede sonder nuwe, of veel goeie punte’
Die Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Die span begin deur bietjie te besin oor die hele oefening op sigself en wat pres. Ramaphosa se toespraak self betref, is die span nie entoesiasties nie.
Luister: Demi Lee Moore oor lewe ná ‘Die Kontrak’
“Alles het verander. Die drome wat ek gehad het, lyk nou bitter klein ná alles wat met my gebeur het.”
‘Rower’ in Bryanston-huis doodgeskiet
Die rowers het glo die huiseienaar wakker gemaak waarna hulle op hom geskiet het.
Video: Gestremde sanger het SA gaande
“Ek wil sê dat almal eintlik dieselfde is, ons [gestremdes] doen net dinge ʼn bietjie anders as die res.”
Dros-saak: Psigiatriese verslag beskikbaar
Die beskuldigde is verlede maand vir waarneming in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgeneem en het vanoggend weer in die hof verskyn.
Van kinderhuis tot wenpodiums
“Ek sal graag kinders wil bystaan wat deur soortgelyke dinge gaan as waardeur ek gegaan het. Ek wil ander inspireer deur wat ek doen.”
Nuuskommentaar: Te veel planne en te min oplossings
’n Teleurstellende toespraak met te veel planne en te min daadwerklike oplossings – so kan die kritiek van opposisiepartye oor die algemeen opgesom word op pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede.
Moordverdagte vier maande later vasgetrek
Die verdagte sal na verwagting vanoggend in die Port Alfred-landdroshof verskyn.
Vier sterf toe voertuig op N1 rol
Een van die oorledenes is ʼn 13-jarige seun.
Motoriste gewaarsku oor karstoeltjies vir kinders
“Mense wat met kinders op hul skote sit terwyl hul bestuur, selfs al is hul self vasgegespe, is roekeloos en onverantwoordelik en moet onmiddellik hierdie gevaarlike praktyk staak.”
Boek: ʼn Ander mens
Polisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig.
Jou ma roep jou!
Sy is vir járe lank die belangrikste mens in jou lewe en sy het jou in Afrikaans grootgemaak – jou geliefde móédertaal. Nou het jy, net soos jou ma, die geleentheid om vir jou eie en ander kinders ook ʼn stewige fondament in Afrikaans te lê!
Vandag se sportnuus
Die rugbyspeler van die jaar vir 2018 is saam met ander rugbytoekennings aangewys. Lees ook alles wat jy dié naweek op die sportveld kan verwag.
Gloria-myn: Nog liggame na oppervlak gebring
Mike Elliot, sakereddingsverteenwoordiger, het gesê 22 persone, vermeende kabeldiewe, is vermoedelik nog ondergrond vasgekeer.
Bosasa: Borgtog vir voormalige tronkbaas
Linda Mti, voormalige hoof van korrektiewe dienste, het homself Donderdag aan die Valke oorgegee.
‘Gemaskerde’ betogers by Wits veroordeel
“Hul doel is om opleiding te ontwrig en instansies van hoër onderwys gyselaar te hou om hul eie politieke agenda te bevorder.”
Pa sterf, dogters beseer tydens Uitenhage-rooftog
ʼn 35-jarige man is doodgeskiet toe hy en sy twee dogters, onderskeidelik 15 en sewe jaar oud, by hul huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangeval is.
Gedagte vir die dag: Onthou waaroor die lewe gaan
Maar die Here het Marta geantwoord: “My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou oor of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. (Lukas 10:41)