Mag jy liefde in oorvloed uitdeel en ontvang tydens die maand van die liefde. Mag jy ook enige struikelblokke wat deur geld veroorsaak word, te bowe kom deur openlik met jou geliefde(s) te gesels daaroor.
Alles vir Donderdag 14 Februarie 2019
Werkloosheid-, indiensnemingsyfers vir vierde kwartaal van 2018 bekend
“Hierdie tempo van groei was natuurlik geensins vinnig genoeg om die werkloosheidsprobleem op te los nie.”
Oorsigresensie: Vrystories vir Valentynsdag
Februarie is die maand van liefde. Bederf jouself of jou geliefde met hierdie splinternuwe vrystories wat die goedvoelhormone deur jou lyf laat bruis. Viva die liefde!
ANC en DA hou wyke terwyl hul steun afneem
Die ANC het al sewe setels in die tussenverkiesing Woensdag in die Sol Plaatjie-munisipaliteit in die Noord-Kaap behou.
Nuuskommentaar: Oliekolonie: Tussen die reuse-olieboor en die verlepte windpomp
Is die ontdekking van die Brulpadda-eksplorasieveld ’n ramp soos omgewingsaktiviste dit wil hê en daarom rede dat dit nie ontgin moet word nie, of weeg ander faktore swaarder, soos dat Suid-Afrika se ekonomie ’n broodnodige skop van agter nodig het?
Man praat ná AK47-aanval: ‘Ek herleef dit elke dag’
“Ek weet nie meer hoe dit voel om James te wees nie. Ek kan nie meer my ou lewe onthou nie. Ek is verlore.”
Herrie oor ‘telefoonnommer’-servette
Coca-Cola moes servette van ʼn lugredery onttrek omdat passasiers gereken het dit is “te grieselig”.
Herbal Blend is terug
Herbal Blend, die omstrede middel wat einde verlede jaar opspraak verwek het toe talle gebruikers psigotiese episodes beleef het nadat hulle dit gerook het, is terug op die mark.
Jonty is steeds ’n superster
Jonty Rhodes was waarskynlik Suid-Afrika se eerste internasionale krieketsuperster. En daar blyk steeds geen keer aan dié 49-jarige te wees nie. Hy is deesdae ’n kommentator en is selfs betrokke by ’n span in Nepal!
Lokprent vir ‘Frozen 2’ is hier
Disney het die lokprent van Frozen 2 bekendgestel en dit is binne ʼn paar uur reeds miljoene kere gekyk.
Lebkuchen vir jou Valentyn
Druk hierdie koekies in hartjievorms uit en gee dit vir jou geliefde vir Valentynsdag!
Adjunkminister wil voor Zondo-kommissie verskyn
“Ek wil dit graag laat boekstaaf dat die elektriese heining en alarmstelsel wat deur Bosasa by my huis geïnstalleer is, niks nuuts is nie.”
Oumens liefdeskapperjolle
As ou liefde weer vlamvat is daar nogal heelwat te siene en te hore. Dit lyk vir my die ideale plekke om die vlamvattery dop te hou, is tehuise vir bejaardes op klein dorpies…
Boek: Die groot boek met slaaptydstories
Elke storie is ideaal vir saamlees en net die regte lengte vir slaaptyd.
Honda NC 750 X – Steeds die pendelkoning
Op die pad is die NC werklik ʼn fees om te ry. Hoewel die verrigting nie juis aardskuddend is nie, is die kraglewering meer as genoeg vir alledaagse gebruik. Daar is ook genoeg woema vir ’n vinnige verbysteek.
Dít moet jy weet voor jy ’n verloofring koop
Trou is nie perdekoop nie, en om die regte trou- of verloofring vir jou maat te kies is nét so moeilik.
So neem jy eienaarskap van jou geskiedenis en jou toekoms
Vandag is daar seker ook diegene wat vra waarom ons monumente en beelde oprig in onseker omstandighede soos hierdie. Hoekom belê in erfenisstukke terwyl soveel Afrikaners apaties raak en sommige oorsee gaan? Hoekom bou onder ʼn regering wat met hul optrede wys dat hulle nie die Afrikaner goedgesind is nie.
Soveel renosters in 2018 gestroop
In 2018 is die meeste renosters steeds in die Krugerwildtuin gestroop, terwyl daar ook een renoster in die Marakhele Nasionale Park gestroop is.
Waar is SA se nuwe sakeondernemings?
Ten spyte van talle inisiatiewe lyk dit nie asof ons die vereiste resultate kan bereik om nuwe entrepreneursbesighede te ontwikkel nie. Wat is die redes hiervoor?
Vandag se sportnuus
Die 2019 Superrugby-reeks begin môre met twee wedstryde wat gespeel word en in krieketnuus het Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste toets gister op Kingsmead in Durban begin.