Die Valke het Vrydag bevestig ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Ajay Gupta is teruggetrek.
Alles vir Vrydag 15 Februarie 2019
Regering steun Caster se hofstryd
Die kwessie dien Maandag as hofsaak voor die Internasionale Sportarbitrasiehof in Lausanne, Switserland.
Tekenprent: Beurtkrag
Suid-Afrikaners het vandeesweek vyf agtereenvolgende dae van beurtkrag beleef.
Padtoets: Dís mos ʼn Mercedes-Benz
Toe Mercedes-Benz skakel en vra of ek die C300 wil toets, het ek die geleentheid aangegryp om te sien of ʼn groter enjin die produk verbeter.
Nuuskommentaar: Comrade Eisj in die koeikraal en eertydse modelstaat kwyn weg
Ace Magashule, oudpremier van die Vrystaat en nou die sekretaris-generaal van die ANC, is nou besonder in die nuus na onthullings oor sy beweerde betrokkenheid by die Gupta-staatskaping. Dit is nie die eerste keer nie dat Magashule, ’n sleutelbelangrike persoon in oudpres. Jacob Zuma se stryd om uit die sop te bly, weens omstredenheid hoofopskrifte haal.
Resep-video: Jogi-yskastert
Dié tert het slegs ʼn handjievol bestanddele en enigeen kan dit suksesvol maak!
Vrou vertel van panga-aanval: ‘Ek kon my man hoor skree’
WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard.
Hy het hulle na die kluis gelei en gewys dat daar niks in die kluis is nie. “Dit is oukei. Ons gaan jou dan nou doodmaak,” het een van die aanvallers aan hom gesê.
Wat maak ons van die Staatsrede?
ʼn Staatsrede moet gesien word waarvoor dit is: Die opening van die parlement in die nuwe jaar en die poging van die regering om ʼn gees van optimisme en patriotisme in tye van wanhoop en sinisme te versprei.
Somber Desember vir vervaardiging- en kleinhandelbedryf
“Die jongste syfer wat uitgereik is, was erger as wat ons verwag het.”
Beveg rassehaat met wedersydse respek
Die vraag bly: Hoe het dit gebeur dat dit skynbaar aanvaarbaar is om wit mense – in ’n land wat op papier veronderstel is om nierassigheid en menswaardigheid te bevorder – as geheel tot die sondaars in die land te verklaar?
Privaat nuus, outomatisering en die maan: Hallo, 2019!
Andries Brink, uitvoerende hoof van Andile Systems, het ʼn paar ingeligte voorspellings gemaak rakende die onderwerpe wat hierdie jaar op almal se tonge gaan wees – en hy begin sommer deur die planeet te verlaat.
Deon Meyer se ‘Bottervisse in die jêm’ dié Sondag op kykNET
Stiaan Smith, Nadia Valvekens, Leandie du Randt Bosch en Kyle Grant is te sien in dié fliek, wat deel uitmaak van kykNET se #JouSondagDrama-rolprentreeks.
Ses dood op brandende boot
Omstreeks 02:00 vanoggend is ses mense se liggame op die boot aangetref.
Groot stryd broei tussen Cele en McBride
Twee van die Suid-Afrikaanse polisie-omgewing se kleurrykste rolspelers gaan mekaar in die openbare arena pak wanneer die minister van polisie, genl. Bheki Cele, te staan kom teen die hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), Robert McBride.
Bekendstelling: Nuwe Lexus is dapper maar nie uitspattig
Vorige jare was dit maklik – luukse voertuie was groot sedans. Nou lyk die landskap heeltemal anders. Mens kry mini , klein, middelslag en groot sportnutsvoertuie en Lexus het nou ʼn mededinger in elke klas.
Boek: Sara
Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne.
’n Lewende skakel met die Birkenhead
Hulle was die baanbrekers van hul tyd. Die duikerpioniers van weleer. Konrad Stutterheim (73) is een van hulle. En hy is ’n lewende skakel tot die tragiese geskiedenis van die Birkenhead.
Dalk geen beurtkrag vandag
Ná vyf agtereenvolgende dae van beurtkrag, kan Suid-Afrikaners dalk gelukkig genoeg wees om ʼn beurtkragvrye Vrydag te beleef.
Gloria-myn: Nog 7 liggame ondergronds gevind
“Die reddingswerkers het omgedraai en een liggaam gesien. Hulle het opgegaan en daar nog liggame gesien. Die gasvlakke het begin styg en dit was toe nie vir hulle veilig om die liggame na die oppervlak te bring nie.”
Vandag se sportnuus
By die New York Ope het Sam Querrey en John Isner na die kwarteind deurgedring en rugbyondersteuners kan uitsien na die 2019 Superrugby-reeks, met vyftien spanne in drie konferensies, wat vandag begin met twee wedstryde wat gespeel word.