Die Stad Johannesburg probeer nog die omvang bevestig van die plaag polifaag-boorderkewers oftewel PSHB (polyphagous shot hole borer) wat bome in die stad laat vrek, voor dit as ‘n ramp verklaar word.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Februarie 2019
Zim se Tendai Biti vervolg oor ‘valse’ presidensiële uitslae
Tendai Biti, opposisie-politikus van Zimbabwe, is Maandag in die magistraatshof in Harare skuldig bevind dat hy die land se verkiesingswette oortree het deur die presidensiële uitslae van 20 Julie 2018 bekend te maak.
Rohde se ma pleit om versagting van vonnis
Die ma van die veroordeelde moordenaar Jason Rohde het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag versoek om toegeeflik te wees ter wille van sy kinders, wanneer sy vonnis bepaal word.
Drie sterf toe konstruksiemuur omval
Drie mans is Maandagmiddag in Isipingo Beach in KwaZulu-Natal dood toe ʼn konstruksiemuur op hulle omgeval het.
Jhb-snelweg sluit vir agt maande
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandag aangekondig die M2-snelweg tussen die Crown-wisselaar en Maritzburgstraat gaan vir agt maande gesluit word weens voortgesette kommer oor die toestand van die M2-brug.
PE-man tydens sy aandete doodgeskiet
ʼn 26-jarige man van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is doodgeskiet terwyl hy en sy vriendin aandete geniet het.
DUT-studente oorhandig memorandum ná vreedsame optog
Studente aan die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) het Maandag vreedsaam na die stadsaal opgeruk onder leiding van studenteleiers verbonde aan die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
ToekomsVenster: Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
Watter blywende effek het die Woord in jou lewe?
Peiling wys ANC is onder 50% steun in Gauteng
Gautengers is die land se voorste eksponente van koalisieregering op munisipale vlak, en nou wys ’n peiling met dat die ANC tans minder as 50% steun in die goue provinsie geniet.
6 vas ná betoging op kampus hand uitruk
Brandende motorbande het die pad buite die universiteit versper waarna die studente deur die polisie en brandweer verjaag is.
Boere, plaaswerkers hoor oor borgtog
Die sewe beskuldigdes word aangekla van die moord op die 56-jarige Ben Molwele.
Seil-Safari wil oplossings vir landboubedryf bring
Theo Vorster, aanbieder van die reeks Sakegesprek, sal brandende kwessies aanroer met die fokus op grondonteiening en magspolitiek, terwyl Christo Briedenhann en genl.maj. Roland de Vries, sekuriteitstegnologiespesialiste, hul kennis oor die gebruik tegnologie vir landelike veiligheid en die voorkoming van vee- en gewasdiefstal sal deel.
Nóg ʼn rondloperleeu in Karoo gesoek
Dié leeu is nie die Karoo se eerste rondloperleeu nie. Die bekende rondloperleeu, Sylvester, het in 2016 uit dieselfde park ontsnap waarna hy byna ʼn maand lank op vrye voet was.
Bekendstelling: Renault laat herrys die Koleos-naam
Renault het sopas besluit om die groter Koleos terug te bring in stede van die Kadjar.
Wen groot pryse met Internasionale Afrikaans-Ekspo
Daar is sewe kategorieë waarin jy jou kreatiwiteit kan uitleef. Dit sluit in dagboekinskrywings, resensies, opstelle, kortverhale, poësie, fotografie en skilderkuns.
‘21 spanne soek oplossing vir e-tol’
“Dit is duidelik dat e-tol lewenskoste verhoog en dus onvolhoubaar is.”
Staatskaping: Zondo sal later beslis oor Van Rooyen-aansoek
Fuzile het in November aan die kommissie van ondersoek gesê Van Rooyen het hom na ʼn vergadering ontbied waar hy na bewering gevra is om twee Gupta-adviseurs aan te stel, maar Van Rooyen was glo self nie seker wat die twee se rolle sou wees nie.
Wen: Dan Patlansky rock saam met die klawers in Pretoria
Twee gelukkige lesers het die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na Dan Patlansky se Duo Electric-vertoning by Café Barcelona.
Rohde: Vriend vra ‘regverdige’ vonnis
“ʼn Swaar vonnis sal uiters skadelik wees vir sy drie dogters wat hy baie liefhet.”
Verdagte dalk met talle ander moorde ook verbind
ʼn Man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn Wes-Kaapse onderwyseres kan moontlik met verskeie ander moorde in die provinsie verbind word.