“Faf is nog ons eerste keuse vir skrumskakel, maar Pollard se kombinasie met Papier wérk.”
Alles vir Maandag 18 Februarie 2019
Boer André is verloof
“Ek sien uit na die toekoms, want ek is aan háár verloof. Ek is opgewonde om haar op die plaas te hê en dat ons ons lewe saam kan begin.”
Die wêreld in foto’s – 18 Februarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Banke draai rug op Bosasa
“Dit is met diepe spyt dat die direkteure die sluiting van die African Global Operations-groep se maatskappye aankondig. Ongelukkig kan die groep nie handel dryf sonder ʼn bankrekening nie.”
DA-reklamebord ure ná oprigting vernietig
“Ons sal nié afgeskrik word deur hierdie blatante daad van sabotasie nie.”
Departement reageer ná kinders uit tehuise verwyder word
“Ek het nog nooit in my lewe so negatief en magteloos gevoel soos die afgelope naweek nie. Die personeel het vir my video’s en klanksnitte gestuur van die kinders wat skree en huil, papiere op hul vensters plak wat sê ‘los ons net uit’ en desperaat aan die kinderversorgers vasklou.”
Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde
Is dit “ge-” of is dit “ge- ge-“? Sophia Kapp ondersoek die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies.
Solidariteit en AfriForum beskerm grondwetlike ruimtes
Die groeiende krisis in die land het opnuut vrae laat ontstaan oor die Solidariteit Beweging se strategie en beleid oor sake soos selfbeskikking. Flip Buys, die voorsitter van die beweging, gee meer helderheid hieroor.
BoobaLoo: Opwindende baba-en-kleuter-ekspo in Pretoria
Nuwe ouers kan solank ‘n aantekening in hul dagboek maak vir die grootste baba-en-kleuter-ekspo in Pretoria.
Kunstefees en talentkompetisie vir kinders
ʼn Kunstefees van ʼn ander aard word later vanjaar in Johannesburg aangebied om die jeug aan die kunste bloot te stel.
Die DA hensop weer vir die ANC
Wat die DA sê, is dat hy ’n beter ANC kan wees as die ANC self. Onder Mmusi Maimane het die DA opgehou om ’n denkleier te wees; hy is nou ’n denkenavolger.
Cheverné: Dokters se vrese bevestig
“Dit is maar altyd moeilik om jou kind so te sien. Maar ons vertrou dat dokters die beste vir Cheverné doen. Verdowing is nou die beste.”
Nuuskommentaar: SA te koop – 90% afslag of grootste fooitjie onder tafel
Gaan pres. Cyril Ramaphosa ná die verkiesing in staat gestel word om die regte ding te doen om rampe wat die ANC lank gekoester en vertroetel het, ongedaan te maak?
Resep: Lamsblad
Die ekstra moeite bring ook ekstra smaak, tevredenheid en gelukkigheid mee, want hierdie lamsblad is sag, sappig en salig!
Boek: Prettige feite-reeks
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders van vyf jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel.
Vandag se sportnuus
Sewe wedstryde is tydens naweek een van die 2019-Superrugby-reeks gespeel en ses van die besoekende spanne het geseëvier.
Zondo-kommissie hervat met getuies van tesourie
Lungisa Fuzile, voormalige direkteur-generaal van die tesourie, sal na verwagting ook getuig.
Vyf vas wat glo kitsbank wil opblaas
Die polisie in Noordwes het vyf verdagtes in hegtenis geneem wat glo beplan het om ʼn kitsbank op te blaas.
2 vas wat glo veiligheidswagte doodskiet
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee veiligheidswagte verlede week in Hillbrow.
Gedagte vir die dag: Leef sensasioneel!
Die Here het my eenvoudig oorweldig met sy goedheid. By Hom het ek geleer om op Hom te vertrou en ander lief te hê soos Hy my liefhet. (1 Timoteus 1:14)