Veldwagters wat soek na die leeu wat ʼn week gelede uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het, het Vrydag gesê hulle het die dier gewaar.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Februarie 2019
R3 miljoen se kokaïen op lughawe gekry
Sy het glo aanvanklik ontken dat sy enige bagasie het.
‘Eskom was die hoofverhoog in die teater van korrupsie’
“Dit word korrupsie genoem. Die naam is korrupsie en die speletjie is tenders.”
Leerling hof toe na onnie haar klap
Volgens die meisie se regsverteenwoordigers word die voorval as ʼn onderonsie tussen die onderwyseres en die leerder afgemaak, maar is dit eerder “misbruik van mag en die boelie van ʼn leerder wat nie in ʼn posisie was om haarself te verdedig nie”.
Gordhan se nuutste planne vir Eskom
Meer ingenieurs vir die Eskom‑bestuur is een van die planne wat minister Pravin Gordhan op die spyskaart geplaas het om die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener te probeer regruk.
Gloria-myn: Dodetal styg tot 18
“Die reddingswerkers kon nie voortgaan met hul bedrywighede nie weens erge rook en sal Maandag die proses voortsit.”
Hubare boere kan nóú inskryf vir ‘Boer soek ʼn vrou’
kykNET is op soek na vanjaar se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 12de seisoen.
ToekomsVenster: Die gebruik van gelykenisse
Baie dinge word in stiltetyd saam met God duidelik.
Sluier gelig oor pad vorentoe vir grondonteiening
Die parlementêre ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het die sluier gelig oor hoe hulle hul taak vorentoe sien.
Kredietagentskap sal dan oor gradering sê
Die president van die SA Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê egter plaaslike banke kan ’n afgradering suksesvol weerstaan omdat hulle goed gekapitaliseer is, konserwatiewe leierskap het en die sentrale bank se weerstandstoetse geslaag het.
Dokter red man se lewe met knipmes op ongelukstoneel
“Ek het dadelik geweet dat ons onmiddellik iets sal moet doen, anders sal die man se kanse op oorlewing baie skraal wees.”
Romanz-manne herenig vir Optog!-toer
“Ek is veral opgewonde, want ek het nie gedink ek sal ooit weer op ʼn verhoog staan nie,” sê Barnard.
Spoegwolf-album maak Apple Music-geskiedenis
“Soms droom ʼn mens van ʼn fiets vir jou verjaarsdag. Dan word jy wakker en die hele Afrikaanse gemeenskap het bygedra om vir jou ʼn Ferrari te koop.”
KZN kinderhuise terug hof toe oor kinders
Intussen staan die verwelkomingsbaniere, -geskenke en -eetgoed onaangeraak by Môrester Ladysmith, Môrester Newcastle en Huis Meah in Newcastle waar personeel opgewonde voorberei het vir die kinders se terugkeer.
Gesoekte moordverdagte al die tyd in aanhouding
Die man wat gesoek is in verband met die moord op ʼn buitelandse student in Augustus verlede jaar, is Maandag uitgeken waar hy al die tyd reeds in polisieaanhouding was.
Wêreldrekord-tand: Tandmuis sal sy oë nie glo nie!
ʼn Tienjarige hou nou die rekord vir die langste melktand en dié tand sal selfs die tandmuis na sy asem laat snak.
Highlanders wen wipplankstryd
Die Highlanders het in Dunedin die Queensland Reds in ’n titaniese Superrugby wedstryd geklop.
Die wêreld in foto’s – 22 Februarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
DUT-klasse hervat Maandag
DUT word sedert die begin van die maand ontwrig deur gewelddadige betogings.
Musiekvideo vir Douvoordag se ‘Die avontuur’ vrygestel
“Dit laat die gedagte en besef ontstaan dat ons almal eendag op ons oudag gaan terugkyk na die lewens wat ons geleef het. Gaan ons hou van wat ons sien?”