Die Stormers het in die doodsnikke van die wedstryd die Lions op Nuweland getroef.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 Februarie 2019
Komitee wil vakante posisies in SAUK-raad vinnig vul
Mkhize het gesê kandidate sal onderworpe wees aan die verifikasie van hul kwalifikasies, sekuriteitsklaring en openbare insae.
Sharks se byt te veel vir Blues
Die Sharks het ’n waardevolle bonuspunt in Durban teen die Auckland Blues ingepalm.
Centurion-grondeis: ‘Minister paai belastingbetalers’
“Ons sal nie toelaat dat belastingbetalers se geld gemors word op opportunistiese eise nie.”
Brumbies te sterk vir Chiefs
Die Brumbies het ‘n ongelooflike agt drieë gedruk.
Maimane: ‘Korrupsie het mense se waardigheid gesteel’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes gesê Suid-Afrika kort verandering.
Groot veranderinge met Bok-kontrakte aangekondig
“Ons bemoei ons oor hoe om spelers in die land te hou, maar die rand is te swak en die ekonomie van Suid-Afrikaanse rugby is te klein om te kan meeding.”
Voormalige rektor, ambassadeur sterf
“Hy was lief vir mense en was toegewyd tot God.”
Sri Lanka verrinneweer futlose Proteas
Sri Lanka het vandag die eerste span uit Asië geword om ’n toetsreeks in Suid-Afrika te wen.
Oud-Bok se dogter tydens troosdiens onthou
René O’Ehley, dogter van die oud-Springbokheelagter Gysie Pienaar, is op 15 Februarie in ʼn motorongeluk op die N2 tussen Botrivier en Caledon oorlede.
Crusaders wys hul staal teen Hurricanes
Die verdedigende kampioen het die Hurricanes behoorlik geslag in die eerste helfte en teen halftyd het die Crusaders met 24-0 voorgeloop.
Tahs wen net-net teen Sunwolves
Die Waratahs het Saterdag naelskraap hul eerste oorwinning in die Superrugby-reeks behaal.
Centurion-areas sonder krag ná substasie brand
Talle buurte in Centurion is sonder krag nadat ʼn substasie Vrydagaand tydens ʼn storm deur weerlig getref is.
Franschhoek-brand: Duisende ha al verwoes
“Die warm weer gedurende die nag het veroorsaak dat die brand in die Assegaaibos-area versprei het na die digte plantegroei.”
R. Kelly amptelik aangekla
Hy sal tereg staan op tien aanklagte van seksuele misbruik waarby minstens vier slagoffers, tussen 13 en 17 jaar oud, betrek word.
Onnie in hospitaal ná ouer haar glo aanrand
ʼn 52-jarige onderwyseres van ʼn laerskool in Noordwes is in die hospitaal nadat sy glo Vrydag deur ʼn ontstoke ouer aangerand is.
Video van rooftog lei polisie na verdagte
Die video wys hoe die vrou verbete terugveg teen die rowers.
Centurion-grondeis: ‘Geen rede tot paniek’, sê minister
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het gesê daar is geen rede tot paniek oor die Centurion-grondeis wat ongeveer 4 000 hektaar se eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek nie.
Gedagte vir die dag: Drink uit sy kruik
Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met liefde! (Psalm 94:18)