“Die afrigter wat deur die skoolbeheerliggaam aangestel is se dissiplinêre verhoor is vandag afgehandel en die uitkoms daarvan sal verseker dat hy van die rol van opvoeders geskrap word.”
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Maart 2019
Mboweni hof toe oor OB se bevinding
Mkhwebane het aanbeveel dat dissiplinêre stappe teen Mohajane gedoen moet word omdat hy nie bekendgemaak het dat hy ʼn kriminele rekord het weens ʼn spoedoortreding toe hy vir sy pos aansoek gedoen het nie.
Twee gevonnis wat trouplek-eienaar doodskiet
Die twee mans wat ʼn mede-eienaar van die bekende Maroupi-trouplek in Umhlali, KwaZulu-Natal, ten aanskoue van sy broer en ander gaste doodgeskiet het, is Vrydag in die hooggeregshof in Mtunzini gevonnis.
Vyf dood in Vrystaatse botsing
“Die bestuurder van die Golf het glo beheer oor die voertuig verloor en toe teen die Corolla gebots.”
Bekende vermaakpaar se paadjies skei
“Na ʼn ongelooflike paar jaar saam het ons uit ons liefde vir mekaar besluit dat ons beter maats as huweliksmaats vir mekaar is.”
Twee gevonnis vir Garsfontein-moorde
Die gesin is op 14 Maart 2017 in hul huis in Garsfontein aangeval. Hulle is tot die volgende oggend aangehou, vasgebind en met skerp voorwerpe gesteek en gesny.
ToekomsVenster: Jesus stuur die twaalf uit
Ons kan God met erkenning vertrou.
Nog 3 vas oor ‘video-moord’
Die inhegtenisneming volg nadat dit bekend geword het dat dié drie glo tydens die aanval op Themane op die toneel afgekom het, waarna hulle na bewering ingespring en deelgeneem het.
Kommissie hoor oor Eskom se ‘twyfelagtige R25 miljard-lening’
“Dit is aan my gestuur en ek was ongemaklik om die voorwaardestaat te teken, want ons was nie gewoond daaraan om voorwaardestate soos dié te teken nie. Maar Singh het gesê ek moet nie bekommer nie, want dit was nie-bindend.”
Helpende Hand wil armoede met finansiële vernuf verbreek
Solidariteit Helpende Hand het Vrydag sy #VerbreekArmoede-veldtog bekendgestel om armoede met finansiële kundigheid hok te slaan.
Sakpasresep: Isabel se visgereg
Frik Lombard van Nigel, spog dié week met een van sy vrou, Isabel, se heerlike geregte.
Rebels sit Highlanders ore aan
Die Rebels het die Highlanders met 24-19 geklop.
Aanneemma oor stryd met ‘seun met ʼn halwe hart’
Hoewel sy verwag het dat Joshua probleme sou hê, het sy nooit kon dink hoe die skokdiagnose van daardie dag haar fondasie sou skud nie.
Baasbrein agter perlemoenstropery gevonnis
Julian Brown, die baasbrein agter ʼn perlemoenstroopsindikaat, was in trane nadat hy Vrydag gevonnis is.
Vrou wat noodkeisersnee kry toe nie swanger
“Hulle het my die volgende dag gebel en gevra of ek bewus is daarvan dat die dokter gedink het my suster is swanger, en ek het gesê ek het niks daarvan geweet nie.”
Die wêreld in foto’s – 1 Maart 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Piepklein handsakkies is peperduur
Piepklein handsakkies het ʼn groot opslae gemaak by die gewilde Modeweek in Parys, Frankryk – maar dis nie duidelik wat jy in die handsak sou dra nie en dit kos ʼn plaas se prys!
Video: Driehoek-hoof praat oor seer en hoop
ʼn Maand ná die ineenstorting van Hoërskool Driehoek se loopbrug het Maroela Media met die skoolhoof Hein Knoetze gesels. Hy deel sy getuienis oor die ongeluk wat die gemeenskap en die land aan die hart geruk het.
Antwoorde geëis oor transformasieteikens vir skoleatletiek
“Ons is vas oortuig dat die voorheen benadeeldes – na wie Sasa se brief verwys – gebruik gaan word om atlete wat op meriete die span sou haal, op grond van ras uit te sluit.”
Ma en kleuter ernstig beseer toe motor oor hulle ry
Iets het skeefgeloop met haar motor se handrem en dié motor het vorentoe, bo-oor hulle, gery.