Die Lions is weer op die wenpad nadat hulle die Jaguares met 47-39 op Emirates Airline Park geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Maart 2019
Bulls is vanjaar die beste SA span
Die Vodacom Bulls het vanmiddag op Loftus die Sharks oortuigend met 37-14 getroef.
11 petrolbomme naby Carletonville gevind
Altesaam 40 verdagtes is sedert November verlede jaar in die omgewing in hegtenis geneem op verskeie aanklagte insluitend aanranding, voertuigkaping, diefstal, openbare geweld, brandstigting en intimidasie.
Vyf vas ná vragmotor gekaap word
Die vragmotor was op pad na Botswana toe ʼn onbekende aantal kapers toegeslaan en die voertuig met sy vrag ter waarde van R2 miljoen gekaap het.
Ramaphosa gee versekering grondeise sal bespoedig word
“Ons waardeer die geduld en vasberadenheid van die eisers, maar erken baie meer moet nog gedoen word met baie meer dringendheid.”
Man gevonnis wat kollegas se toebroodjies vergiftig
Twee van sy kollegas het chroniese nierskade opgedoen nadat hulle met lood en kadmium vergiftig is. ʼn 23-jarige leerlingwerknemer het in ʼn koma verval nadat hy met kwik vergiftig is en het permanente breinskade opgedoen.
Weerdiens waarsku oor stormweer
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag gewaarsku dat stormweer na verwagting van vandag tot Dinsdag oor groot gedeeltes van die land gaan voorkom wat tot kitsoorstromings en erge haelstorms kan lei.
Bekendes span saam om epilepsielyer te verras
Die ouers van Ruben Scharneck, die seuntjie van Pretoria wat in 2017 op sesjarige ouderdom aan hoërisiko-neuroblastoom gesterf het, het besluit om Ruben se verjaardag Vrydag heel gepas met ʼn partytjie te vier – maar dié partytjie was vir ʼn leerder van die Nuwe Hoop Skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Crusaders wys hoe dit gedoen moet word
Die koffie was vanoggend omtrent smaaklik toe die Crusaders die Chiefs in Christchurch met 57-28 geklop het nadat hulle rustyd reeds met 33-7 voor was.
Trump ‘teleurgesteld’ oor missielaktiwiteite in Noord-Korea
Dit kom nadat satellietbeelde van ʼn fasiliteit naby Pjongjang getoon het Noord-Korea mag dalk besig wees met voorbereiding vir die lansering van ʼn missiel of ʼn satelliet.
Burgemeester sê klopjag was ‘dramaties, onnodig’
Die Valke het Dinsdag op die munisipaliteit se kantore toegeslaan en ʼn beslagleggingsoperasie uitgevoer in verband met beweerde tenderbedrog ter waarde van R85 miljoen.
13-jarige vas ná man op video vermoor word
Die seun is ʼn leerder aan ʼn plaaslike landbouskool en woon naby die plek waar die moord plaasgevind het.
Parys-boere: Verhoor afgehandel, nou vir die uitspraak
Die uitgerekte moordverhoor van ses mans van Parys wat deur talle terugslae en uitstelle vertraag is, het vandeesweek uiteindelik in die hooggeregshof in Parys tot ʼn einde gekom.
Drie sterf toe motor teen boom bots
“Paramedici het daar die opgefrommelde wrak van die voertuig aangetref.”
Foto’s: Meer as R10 miljoen se perlemoen gevind
“In een van die vertrekke het die beamptes drie mans aangetref wat probeer het om vir die polisie weg te kruip. Een van hulle het agter die geiser ingekruip.”
Vier Transnet-hoës geskors
“Gegewe die poste wat hulle beklee is dit amper onmoontlik om die bewerings te ondersoek terwyl hulle by die werk is.”
Gedagte vir die dag: Ons Voorspraak vir ewig by ons
Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. (Joh 14:16-17)