Duckworth en Lewis was vir ’n slag aan die Proteas se kant toe hulle vir Sri Lanka met 71 lopies in Durban getroef het.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Maart 2019
Kapenaars kan weer tuin natmaak
ʼn Effense verslapping aan waterbeperkings deur die Stad Kaapstad, beteken inwoners van die Moederstad kan uiteindelik weer tuin natmaak nadat hulle maande lank hul groen grasperke vir bruin stof moes verruil.
Verdagte voertuig lei polisie tot by moordtoneel
“Die beamptes het egter onraad vermoed toe hulle bloed op die sweetpaktop van die bestuurder gesien het. Daar was ook bloedvlekke binne die voertuig en die insittendes kon nie ʼn rede vir die bloed verskaf nie.”
Foto’s: ‘Vlieënier wou terugdraai’ voor vliegtuig val
“Uit die rekords van die lugverkeerbeheerbeamptes is vasgestel die vlieënier het gesê hy ervaar probleme en wil terugdraai en hy is toestemming gegee om terug te draai na Addis Abeba.”
Twee dood, 3 beseer in trompop botsing
Twee mense is dood en drie ander ernstig beseer nadat twee voertuie Sondagoggend reg van voor op die R512 by Lanseria, in die noorde van Johannesburg, gebots het.
Bekendstelling: BMW se 3-reeks, die ikoon
In sy geheel is die nuwe 3‑reeks ʼn indrukwekkende produk. Die bougehalte is uit die boonste rakke, en BMW se stamboom onweerlegbaar.
Video: SA duiker beland in walvis se bek
“Daar was nie tyd om enige vrees of emosie te voel nie. Ek het dadelik geweet wat het gebeur. Ek het geweet ʼn walvis het opgekom en my gevat.”
Geen oorlewendes ná vliegtuig val
Volgens die staatsuitsaaier EBC was passasiers van 33 verskillende nasionaliteite op die vliegtuig.
Kiwi wen Kaapstad-fietstoer
Nieu-Seeland se Sam Glaze is die elite-wenner van die Kaapstad se premierpadfietswedren
Bevindings in SSA-verslag: ‘Koppe moet rol’
“’n Sleutelbevinding van die paneel is dat daar oor die afgelope dekade of meer politieke wanpraktyke en faksiegevegte in die intelligensiegemeenskap voorgekom het wat gelei het tot die totale minagting van die Grondwet, beleidstellings, wetgewing en ander voorskrifte.”
Twee ernstig beseer in middernagtelike bootongeluk
“Een van die mans is ʼn paar meter weg van die boot aangetref met vermoedelike kop- en rugbeserings. Hy was in ʼn ernstige toestand toe hy gevind is.”
Vliegtuig val met 157 mense aan boord
Die lugredery sê ʼn soek-en-reddingsoperasie is tans aan die gang en ʼn dodetal of getalle van oorlewendes kan nie onmiddellik bevestig word nie.
Man dood op kleinhoewe aangetref
Bure het op die man se liggaam afgekom en omstreeks 09:00 die polisie ontbied.
Vrae oor Airwolf-ster se ‘geheime’ afsterwe
Aanhangers krap steeds kop waarom die nuus oor die dood van Jan-Michael Vincent, die ster van die destydse televisiereeks Airwolf, eers byna ʼn maand ná sy afsterwe aan die lig gekom het.
Man dood toe motor verskeie kere rol
“Paramedici het die liggaam van ʼn man op die snelweg gevind. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en is dood verklaar.”
6-jarige nog vermis ná rivier ses meesleur
Die seun is die enigste van die vyf slagoffers wat nog vermis word. Die liggame van die ander vyf kinders is sedertdien gevind.
Minstens 15 dood toe skieters op klub toeslaan
ʼn Video wat kort na die aanval geneem is, wys hoe talle polisievoertuie en ʼn ambulans voor die gebou staan, met ʼn vrou wat onbeheersd in die agtergrond huil.
Wallis blaas vuur, Engeland ook vuurwarm
Wallis het Saterdagmiddag op Murrayfield in Edinburg nog ʼn reusetree gegee om vanjaar se Sesnasies-titel te verower toe hy Skotland met 18 – 11 geklop het.
Video: Dapper man wat kind red, het internet gaande
ʼn Video van ʼn man wat gevaarlike omstandighede trotseer om ʼn kind te red waar hy op ʼn pyp oor ʼn oorstroomde rivier vassit, het sosialemediagebruikers gaande.
Blitsbokke speel soos van ouds, maar nou lê hef aan voor
Die Blitsbokke het die teleurstelling van verlede week se wisselvallige vertonings in Wêreldrugby se Sewesreeks in Las Vegas op die rak geplaas toe hulle onoorwonne in hul drie groepwedstryde gebly het op die eerste dag van die naweek se toernooi in Vancouver, Kanada.