Die Zondo-kommissie van ondersoek het Woensdag gehoor Tom Moyane, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wil die staatskapingsondersoek gebruik om “homself en sy loopbaanvooruitsigte te rehabiliteer”.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 Maart 2019
Betogende studente sit chaos voort op UKZN-kampus
‘n Woordvoerder het gesê die studente het brandstigting gepleeg en “erge skade” aan universiteitseiendom, insluitend geboue, aangerig. Een student is in die harwar beseer en moes by die universiteitskliniek behandeling ontvang.
Een vas ná moord op skoolseun
Die verdagte is Woensdagmiddag by ‘n ander skool in Mondeor in hegtenis geneem.
Huishoudelike geweld dalk apart gekriminaliseer
Verlede jaar was daar 53 263 aangetekende gevalle van aanranding teen vroue met die opset om ernstig te beseer, en 81 142 algemene vroue-aanrandings.
Geliefde ‘Boer soek ʼn vrou’-deelnemer verloor kankerstryd
“Dis ’n baie hartseer tyd vir die Boer soek ʼn vrou-span.”
Packham glo in vermoorde vrou se motor opgemerk
Gray het aan die hof gesê dit het gelyk of die man herhaaldelik sy vuiste teen die stuurwiel slaan. “Hy het gelyk soos iemand wat baie ontsteld is oor iets.”
ToekomsVenster: Wat leef binne jou?
Het jy al ʼn nuwe hart ontvang?
Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Die seemeeu’
“Masha het ʼn groot behoefte om te behoort en sy wil gesien en gehoor word en dit gebeur net nie.”
Kaapse egpaar, werknemer vas oor ‘korrupsie’
ʼn Bekende Kaapse prokureur, sy vrou en ʼn werknemer is op aanklagte van korrupsie, geldwassery, rampokkery en bedrog in hegtenis geneem.
Dalk die grootste verjaarsdagkaartjie ooit
Twee seuns wou seker maak hul pa se 62ste verjaarsdag is baie spesiaal, so hulle het ʼn reklamebord spesiaal vir dié geleentheid gehuur – boonop met ʼn uitnodiging dat vreemdelinge ook hul pa geluk kon wens.
Franschhoek-sjef wil kosgrense verskuif
“Daar is altyd, op enige gegewe tydstip ʼn sjef iewers in die wêreld wat iets uniek en spesiaal doen. Dit hou almal op hul tone.”
Meer bekend ná moord op skoolseun
“Die seun het ʼn blink toekoms voor hom gehad. Om te dink dit sou só eindig….”
Bekendstelling: Só vervoer ʼn mens ʼn groot gesin op ʼn begroting
Voertuie soos die Ertiga laat ʼn mens nie altyd na jou asem snak nie, maar daar is ʼn goeie rede hoekom hulle bestaan.
Foto’s: Omvattende boek oor Eerste Vryheidsoorlog bekendgestel
Praat jy van die Eerste Vryheidsoorlog dink mense dadelik aan die legendariese Slag van Majuba. Min mense besef egter die veldslag van Laingsnek was eintlik die belangrikste gebeurtenis in dié oorlog waar Boer en Brit slaags geraak het. Die historikus dr. Jackie Grobler meen dit is hier waar die Boere die Britte gestuit en onder druk geplaas het.
Miljoene rande se skade ná wildkampe brand
“In 20 jaar in hierdie bedryf het ek nog nooit so iets gesien nie.”
DA kla ANC aan van rampokkery
Volgens Maimane is die polisie onwillig om hierdie sake te ondersoek omdat dit as ʼn loopbaanbeperkende ondersoek gesien word.
Skoksyfers oor gemeenskapskolleges bekend
Skokkende inligting oor die slaagsyfers by gemeenskapskolleges vir onderwys en opleiding is in die parlement bekend gemaak.
Niemand vervolg oor Clifton-skaapslagtery
Die minister van polisie het aangekondig dat niemand vervolg gaan word nie vir die opspraakwekkende slag van ʼn skaap op die Clifton-strand in Kaapstad in Desember.
Taxibestuurder hoor oor borgtog ná tieners se dood
Drie tienermeisies is dood en ʼn vierde kritiek beseer toe hulle verlede Woensdag naby die VN Naik Skool vir Dowes in Newlands-Oos in Durban deur ʼn taxi raakgery is.
Antonio ‘vasbeslote om lewe terug te kry’ ná ongeluk
“Hy is maar moedeloos en dit is moeilik om hom op te beur. Maar hy doen getrou sy oefeninge en is vasbeslote om die uitdagings te pak.”