Wallis se rugbyspan het Saterdagmiddag in Cardiff die kroon gespan toe hy Ierland met 25-7 afgeransel het om die Sesnasiesreeks en Grand Slam te wen.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 Maart 2019
Sikloon Idai: Minstens 24 dood, 40 vermis in Zim
Minstens 43 persone is in die ooste van Zimbabwe en sentraal Mosambiek dood ná die tropiese sikloon Idai die gebied Vrydagaand en Saterdagoggend getref het.
Kenners ondersoek vlugopnemer ná vliegtuig val
Kenners in Parys, Frankryk, het met tegniese werk begin op die vlugopnemer van die Ethiopian Airlines-vliegtuig wat kort ná dit opgestyg het, neergestort het.
Selfs Simba sou hierop trots gewees het!
Lions-plesier op Emirates Airline Park!
1 200 dalk werk kwyt by Standard Bank
“Dit was nie ʼn maklike besluit nie. Ons besef dit is ʼn baie stresvolle tyd vir almal.”
Dief vas wat glo al 3 maande lank by een huis steel
ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem wat glo deel is van ʼn groep wat al sedert Desember 2018 eiendom wegdra van ʼn huis waar ʼn vrou, wat psigies onstabiel is, woon.
Anglo American skenk grond aan munisipaliteit
Anglo American Platinum het 270 hektaar grond aan die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes geskenk.
Vier sterf in Wes-Kaapse ongeluk
Vier persone, insluitend die bestuurder, is Saterdagoggend dood in ʼn ongeluk ongeveer 66 km buite Beaufort-Wes in die Wes-Kaap.
Soektog duur voort na ontsnaptes
Die polisie in Witpoort buite Lephalale (Ellisras) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na drie verhoorafwagtendes wat Donderdag uit polisie-aanhoudingselle ontsnap het.
Fase 4-beurtkrag Saterdag ingestel
Kragonderbrekings het Saterdagoggend na fase 4 opgeskuif “weens ʼn gebrek aan bykomende opwekkingsvermoë wat ʼn daling in invoere van Mosambiek insluit”, het Eskom Saterdag gesê.
Vroue vas oor olifanttande
Twee vroue, onderskeidelik 28 en 35 jaar oud, is Vrydag in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die besit van twee olifanttande.
Crusaders-stryd gekanselleer; Reds klop Sunwolves
Die Japanse Sunwolves het Saterdagoggend een van hul beste vertonings nog in die eerste helfte teen die Reds gelewer, maar toe die kluts in die tweede helfte kwytgeraak.
Nóg ‘n skolier by Noordwes-skool aangeval
“Dit is deur die genade van God dat geen lewensgevaarlike organe getref is nie. Ons is dankbaar dat hy nie ernstig beseer of dood is nie.”
Nuwe woordvoerder vir SAUK
Die SAUK het Vrydag sy nuwe woordvoerder aangekondig.
LUR Mazibuko moet afgedank word, vra VF Plus
Die party glo dat Faith Mazibuko doelbewus hierdie uitlatings gemaak het en dat geen verskoning wat sy in die openbaar teenoor wittes en Indiërs maak, die seer en pyn gaan wegneem wat sy veroorsaak het by minderheidsgroepe nie.
TLU SA wil hoor oor Mngxitama se vervolging
“Dié soort haatspraak wat gedurig uit sy mond kom, is uiters opswepend en is dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot gewelddadige aanvalle en selfs moord op plase.”
Ruan Josh kap terug ná talle bewerings oor maatskappy
Ruan Josh, die gewilde sanger en bestuurder van Wow Music Distribution, het Maroela Media genader om sy kant van die saak te stel nadat talle bewerings in die media gemaak is oor dié gelikwideerde musiekverspreidingsmaatskappy.
MTN onttrek oor Steve by AIG-konserte
Die selfoonnetwerkreus MTN het aangekondig dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk gesny het, ná versoeke op sosiale media omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.
Gedagte vir die dag: God se kinders
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. (Rom 8:15-16)