Toyota Suid-Afrika het aangekondig dat hy ook sy borgskap van Afrikaans is Groot (AIG) gaan beëindig.
Alles vir Woensdag 27 Maart 2019
Algerië: Demokrasie, outokrasie of burgeroorlog?
Algerië staan by die kruispad met die moontlikheid van demokratisering, die status quo van ’n outoritêre bewind, of selfs (as ergste scenario) weer voor ’n burgeroorlog.
Moet ons dan maar ANC stem?
Baie mense dink dit sal goed wees om vir Cyril Ramaphosa se ANC te stem en hom sodoende meer mag te gee. Feit is Cyril is nie die ANC nie, dit sal steeds die Nasionale Uitvoerende Komitee en die korrupte kaders wees wat regeer.
Vytjie Mentor na ACDP
Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, het by die African Christian Democratic Party (ACDP) aangesluit.
Behou hof se rol as arbiter oor grondwaarde, meen parlement
In sy omvangryke voorlegging het die invloedryke regspraktisyn adv. Tembeka Ngcukaitobi bevind die Grondwet hoef nie gewysig te word nie.
Buitelandse skakeling word al nodiger
Dalk het die tyd aangebreek dat al die instansies wat hulle besig hou met internasionale bewusmaking, byeen kom en ’n gesamentlike aksie van stapel stuur, ook na die buitelandse missies in Suid-Afrika.
Taktiek en meningsverskille in ’n gesonde demokrasie
’n Gesonde demokrasie verg juis verskil van mening. Die groot vraag is hoe jy daardie meningsverskille hanteer.
Gedagte vir die dag: Moenie twyfel, God maak jou bekwaam
Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. (1 Korintiërs 12:4-6)