Die getal universiteitstudente wat suksesvol gegradueer het, het sedert 2000 meer as verdubbel, van sowat 93 000 tot 203 000. ʼn Baie groot probleem in die Suid-Afrikaanse universiteitesektor is egter dat soveel studente opskop.
Lees meerAlles vir Donderdag 28 Maart 2019
Mboweni boos oor e-tolbesluit
“Dit is ʼn baie slegte besluit en een wat nooit geneem moes word nie. Dit is nie behulpsaam in die effektemark nie en ondermyn wat ons in die begroting gesê het dat ons die verbruiker-moet-betaal-beginsel ondersteun.”
Radebe: ‘Geen geheime’ oor Suid-Soedan-olieonderhandelings
Jeff Radebe, minister van energie, het Donderdag gesê daar is geen geheimhouding oor onderhandelings tussen Suid-Afrika en Suid-Soedan rakende die aankoop van olie nie.
Afgedankte polisievrou mag ná jaar lange stryd terugkeer werk toe
“Gemeet aan die ondersteuning wat generaal-majoor Fick vandag hier ontvang het, wys dit dat daar, nes Fick, baie getroue en hardwerkende polisielede is wat daagliks in uiters moeilike omstandighede moet werk.”
Kommer oor brandstofverhogings in April
Die skerp verhogings in brandstofpryse wat vir April verwag word, sal veroorsaak dat die werkersklas finansieel sukkel om kop bo water te hou.
Reserwebank sê oor repokoers, ekonomiese vooruitsig
Die goewerneur het gesê die BBP-vooruitsigte neem die onlangse elektrisiteitstariefverhogings in ag wat deur die nasionale energiereguleerder aangekondig is
Kernafval lek drie keer by Koeberg
Die inligting – wat tot dusver van die publiek weerhou is – het aan die lig gekom toe die minister van energie, Jeff Radebe, ʼn skriftelike parlementêre vraag oor die kwessie beantwoord het.
ToekomsVenster: Jesus se dood is naby
Die dissipels maak kennis met geestelike begrippe en gebeure waarvoor hulle nie gereed is nie. Nou praat Jesus van die opstanding uit die dood. Die dissipels redeneer onder mekaar sê die teks. Wat kan dit tog beteken? Nog sy dood nog sy opstanding maak enige sin.
Video: Betogers bestook vragmotor met petrolbomme
“Weens die groot vrag kon die bestuurder natuurlik nie vinnig genoeg omdraai nie. Die betogers het op die vragmotor toegesak en die insittendes het uitgespring en gevlug vir hulle lewe.”
DBV bekommerd oor diere op grensposte weens SAID-staking
Die NDBV is diep bekommerd oor die welstand van diere wat moontlik op grensposte gestrand is weens die staking van werkers by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die amptenare staak oor ʼn loongeskil.
Ouditeur van rol geskrap vir swak Gupta-oudits
Die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure (Irba) het ʼn voormalige ouditvennoot van KPMG, Jacques Wessels, van die rol geskrap nadat hy aan wangedrag skuldig bevind is.
Tekenprent: AIG-borge onttrek
Verskeie borge het aangekondig dat hulle bande sny met die Afrikaans is Groot-konserte.
Die wêreld in foto’s – 28 Maart 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Regering veroordeel aanvalle op buitelanders
Die regering is bekommerd oor die aanvalle op buitelanders in KwaZulu-Natal en het ʼn beroep gedoen op wetstoepassers om te verseker die oortreders word voor stok gekry.
Groot beloning vir inligting oor vermoorde paartjie
ʼn Familielid het op die paartjie, wat 30 jaar lank lewensmaats was, se liggame afgekom.
Blitsige polisie trek ‘rowers’ tydens rooftog vas
Drie sakke vol gesteelde selfone ter waarde van R300 000 is teruggekry.
Nog geen besluit oor toekoms van Oos-Londen-dieretuin
Die DA in Oos-Londen is woedend ná geen vrae wat hy aan die Buffalostad-munisipaliteit gestel het oor die stand van die stad se dieretuin in gister se raadsvergadering beantwoord is nie.
Radebe gooi wal oor SA betrokkenheid by Suid-Soedannese raffinadery
Minister van energie Jeff Radebe sê sy planne vir moontlike Suid-Afrikaanse betrokkenheid by ʼn olieonderneming in Suid-Soedan is gemik daarop om toegang tot goedkoper ruolie te verseker en die plaaslike brandstofprys te beteuel.
Foskor-staking duur voort
Werkers is boonop kwaad oor beweerde korrupsie en wanbestuur by dié staatsonderneming.
Dié SAID-takke gesluit weens staking
Talle takke van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) was Donderdag gesluit nadat duisende werknemers by die inkomstediens begin staak het.