Dit is ʼn verhaal van ʼn bejaarde sakevrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer.
Alles vir Donderdag 28 Maart 2019
’n Groot week vir die rand
Valutahandelaars en ekonome verwag dat vandeesweek ’n groot week vir die rand kan wees.
Vandag se sportnuus
Ses wedstryde word die komende naweek in die Superrugby-reeks gespeel.
‘SA skuif nader aan rand van ekonomiese afgrond’
Só sê TLU SA in aanloop tot die Reserwebank se aankondiging Donderdag oor rentekoerse en Moody’s se aankondiging Vrydag oor die land se kredietgradering.
NDOV bekommerd ná moordklagte teruggetrek word
Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV), het haar kommer uitgespreek nadat die aanklagte teen twee beskuldigdes in die Sindiso Magaqa-moordsaak teruggetrek is.
Vryheid se munisipale water nie veilig
Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het inwoners van Vryheid en omliggende gebiede gemaan om net gebottelde water of water wat gedisinfekteer is te drink.
Demokrate se makabere dans in Trump-skouspel
Hieruit is beslis ’n les te leer: As jy nie jou teenstanders by die stembus kan klop nie, moenie vuilspel gebruik om jou politieke mededinger te uitoorlê nie. Hierdie soort speletjies het al deel geword van die sosiale struktuur van ’n nasie en sal vir altyd met ons wees.
Gedagte vir die dag: Die belangrikste geestelike gawe
Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. (1 Korintiërs 13:2)