Angelo Agrizzi, voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, wat van korrupsie beskuldig word, het Vrydag vinger gewys na die senior ANC-LP, Cedrick Frolick. Hy beweer Frolick het omkoopgeld ontvang.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 Maart 2019
Vakbond wil Mboweni herroep oor e-tol-uitsprake
Die Akademiese en Professionele Personeelvereniging (Apsa) doen ʼn beroep op die regering om minister Tito Mboweni te herroep en hom te verbied om in enige verdere regeringsamp te dien.
Numsa betoog by Unisa om Gugu Ncube te ondersteun
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Vrydag by die Universiteit van Suid-Afrika se hoofkampus in Pretoria betoog in solidariteit met die voormalige werknemer, Gugu Ncube.
ToekomsVenster: Jesus maak ’n seun gesond
Jesus hoor luister en gee om en vir die een wat glo kán alles.
Man vas oor moord van meisie in Oos-Kaap
ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die moord op sy 28-jarige meisie in Elliotdale in die Oos-Kaap.
Vermiste Windhoek-vrou se motor gevind
ʼn Span speurders het Elna-Marie Abbott, niggie van die sangeres Elizma Theron, en wie se onthoofde liggaam Vrydagoggend op ʼn treinspoor in Windhoek aangetref is, se motor gevind.
Boeing gedagvaar ná Ethiopië-vliegramp
“Dié ongeluk het gebeur toe dit nooit moes gebeur het nie.”
Video: Man ‘vlieg weg’ met sambreel
Kringtelevisiebeeldmateriaal het die oomblik opgeneem toe ʼn man tydens ʼn storm skielik met ʼn stoepsambreel deur die lug getrek het.
ANC-hoë se vrou skuldig aan bedrog
Mpofu het gesê Sizani het voordeel getrek uit die slagoffers se onkunde en hulle geteister om geld aan haar oor te betaal.
Kabinet oorweeg nóg geld vir Eskom
Die kabinet het die sukkelende Eskom se finansiële verknorsing vandeesweek bespreek en kyk weer na maniere om die kragreus te help.
Kaartjies vir premium #JouAiG-vertoning nou beskikbaar
Jy kan nou kaartjies koop vir die premium #JouAiG-vertoning in November 2019.
Sunwolves klop Waratahs in Australië
Besoekers wen met twee punte vir merkwaardige eerste sege in Australië.
Holomisa vra polisie moet Agrizzi-bewerings ondersoek
Die leier van die UDM het pres. Cyril Ramaphosa en regter Raymond Zondo gevra om bewerings te laat ondersoek dat van die ANC se ses mees senior leiers omkoopgeld van miljoene rande by Bosasa (nou African Global Operations) ontvang het.
Saak teen Duduzane dán voortgesit
Landdros Tebogo Thupaatlase het in die hof gesê getuienis in ’n saak kan net geïgnoreer word as die gehalte daarvan só swak is dat dit nie gebruik kan word nie.
3 vas wat glo ‘perlemoenlaboratorium’ bedryf
Die Valke het tydens die klopjag op die pakhuis in Wimbledonstraat op twee sleepwaens met vriesgeriewe afgekom.
Dié SA jenewer die beste ter wêreld
Hulle het aanvanklik gedink dat die jenewer die aardse geur gaan behou, maar nadat die jenewer ses maande lank in ʼn vaatjie verouder is, het hulle ʼn wonderlike perskegeur opgemerk.
Nóg ʼn skerp brandstofprysstyging in April
Daar wag slegte nuus by die brandstofpompe vir vuisvoos motoriste wanneer pryse van alle brandstof volgende week weer aansienlik sal styg.
Crusaders blaas weer vuur teen ’Canes
Crusaders is terug op die wenpad ná Nieu-Seelandse derby.
Vermiste Windhoek-vrou se liggaam gevind
‘n Jong vrou wat Woensdag vermis geraak het, se liggaam is vanoggend op ‘n treinspoor in Windhoek gekry.
Nóg weermagperde vrek, is siek ‘weens swak sorg’
Die Nasionale Raad van DBV sê hy is gewalg deur die Suid-Afrikaanse Weermag se onvermoë om na die perde in sy sorg om te sien. Die raad en die weermag stamp weer koppe nadat ʼn perd in ʼn terminale stadium van Afrika-perdesiekte by ʼn weermagperseel by Rooiwal buite Pretoria van kant gemaak moes word.