Bulls klop Sharks met drie punte in Durban, terwyl beide spanne se hakers rooi kaarte kry.
Lees meerAlles vir Saterdag 30 Maart 2019
SA’ners in Rio met messe beroof
“Hulle het in die vreemde taal bly skree en ons kon nie verstaan wat hulle wou hê nie.”
Pensioenarisse in Pretoria aangeval
ʼn Egpaar is Saterdagoggend by hul kleinhoewe in Kameeldrift-Wes, Pretoria, aangeval.
Brexit: Wetmakers verwerp May se ooreenkoms
Britse wetmakers het Vrydag die regering se Brexit-ooreenkoms vir ʼn derde keer verwerp.
Duarte ontken Agrizzi se bewerings van omkopery
Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, ontken bewerings deur die voormalige uitvoerende bedryfshoof van Bosasa dat die maatskappy die ANC se topleierskap omgekoop het.
Rebels laat Reds met rooi gesigte
Die Rebels, wat deur die oud-Suid-Afrikaner Dave Wessels, afgerig word, was klinies, het voor oorheers en hul foute beperk sonder om die wêreld aan die brand te speel.
Pa sit lank ná dogters se verkragting
ʼn 45-jarige man is in die Botshabelo-streekhof in die Vrystaat gevonnis op aanklag dat hy sy twee dogters verkrag het.
Stormers verbrand weer hul vingers
Die Blues het Saterdagoggend in Auckland die Stormers geklop.
Tronkbewaarder sterf tydens gyselaardrama
ʼn Vroulike tronkbewaarder van Goedemoed-gevangenis is dood toe sy met ʼn skerp voorwerp aangeval is.
Verstrengelde walvis gered
Die verstrengelde walvis was moeg, maar die ander twee walvisse het by hom gebly. “Hulle was deurgaans in die gebied en dit het bygedra tot die emosie – ons was vasbeslote om die walvis dieselfde dag nog te help bevry.”
Dreigemente op selfoon word ondersoek
Dreigende teksboodskappe van ʼn onbekende manspersoon is op Elna-Marie Abbott (29) se selfoon gevind.
Man voor sy huis in PMB doodgeskiet
ʼn Man is Donderdagaand in die oprit van sy huis in Eastwood, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Bielie van ʼn diamant in Cullinan gevind
Petra Diamonds het gesê hy het ʼn knewel van ʼn diamant Vrydag by Cullinan-diamantmyn gevind.
Grensposte nie geraak deur SAID-staking
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Vrydag gesê daar is geen ontwrigtings by doeanebedrywighede by die land se grensposte nie terwyl ʼn staking van sy werknemers voortduur.
SANW ontslaan 35 mediese studente in Kuba
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Vrydag gesê hy het administratief 35 van sy lede ontslaan wat al meer as 30 dae “awol” (afwesig sonder verlof) is tydens hul kursus in Kuba.
Geen besluit oor kredietgradering gemaak nie
Die kredietgraderingsagentskap het nie Suid-Afrika se Baa3-gradering hersien nie. Die aankondiging is Vrydag verwag.
Baba in Limpopo ontvoer
Die polisie in Mokopane (Potgietersrus) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn vrou wat ʼn ses maande oue babaseuntjie by ʼn winkelsentrum gesteel het.
Man oorleef wonderbaarlik ná trein hom tref
ʼn 23-jarige man het Vrydagaand in Bloemfontein ternouernood aan die dood ontkom toe ʼn aankomende trein sy voertuig getref het.
Gedagte vir die dag: Ons moet God se hande en voete wees
Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie … Lê jou op hierdie dinge toe, leef daarin, sodat almal jou vordering kan sien. Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister. (1 Timoteus 4:14-16)