Regter Mander het beveel dat twee assesserings uitgevoer word om die toestand van die verdagte se geestesgesondheid te bepaal.
Alles vir Vrydag 5 April 2019
Eskom-beeldpoetser lê tuig neer
Eskom se woordvoerder het ná vyf jaar by die beleërde kragvoorsiener bedank.
Groot opgraderings by Kaapstadse lughawe op pad
Opknappingswerk van R7 miljard word by die Kaapstadse Internasionale Lughawe beplan. Dit sluit in die vernuwing van die binnelandse aankomssaal en die uitbreiding van die buitelandse terminaal. ʼn Hergroepering van die aanloopbane beloop nagenoeg R3,93 miljard en sal beteken aankoms- en vertreksale kan in die toekoms verder uitgebrei word, het die Stad Kaapstad gesê.
Seuntjie jaag met beseerde hoender na hospitaal
ʼn Sesjarige seuntjie word as ʼn held bestempel op sosialemediaplatforms ná hy per ongeluk die bure se hoender met sy fiets getref en daarna met die beseerde hoender na ‘n hospitaal gejaag het.
Woord: spanspek
Waar op aarde kom ons aan die woord “spanspek”? Taaltoffie stel ondersoek in
Nieu-Seelanders laat rugby lekker lyk
Hurricanes klop Highlanders in vertoonwedstryd.
Kom saam! ʼn Unieke storiebustoer deur Namakwaland
Pak solank jou tasse: vroeg in Augustus gaan Maroela Media saam met ons lesers die mooiste blomme en stories in Namakwaland soek!
Veiligheid op ʼn ongelukstoneel: ʼn Paramedikus se storie
“Toe ek in die hospitaal wakker geword het, het ek gedink ek lê in my eie bed ná my aandskof.”
Raad: Hoe gemaak by ’n motorongelukstoneel?
“Wanneer jy in ’n ongeluk was waar jy slegs geringe beserings opgedoen het en die voertuig nog steeds in werkende toestand is, bring die voertuig tot stilstand. Moet in geen omstandighede die toneel verlaat nie.”
Harry en Meghan laat spat wêreldrekord op Instagram
Al dié aandag wat Harry en Meghan kry, is waarskynlik danksy hul eerste baba wat binnekort sy of haar opwagting gaan maak.
Ramaphosa sê hy maak stem dik toe Zuma vir Gordhan afdank
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand by ʼn vergadering in Sandton, Johannesburg, gesê oudpres. Jacob Zuma se destydse afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies het sy eie goeie oordeel beproef.
Swak karakter skep werk
Ek is dankbaar vir elke inisiatief in die gemeenskap wat op ’n manier vir nog mense werk skep, maar ek wonder hoeveel van ons werksgeleenthede het eintlik met ʼn gebrek aan karakter te doen?
Gibson se moeilike taak
Protea-breier moet doen wat geen ander afrigter voor hom nog kon vermag nie.
Ma gewond toe taxibestuurder glo losbrand
ʼn Skare nuuskierige verbygangers wat in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, by ʼn ongelukstoneel saamgedrom het, het laat spaander toe skote begin het klap het ná ʼn onderonsie tussen taxibestuurders en van die inwoners.
Eskom is land se ‘kopseer’, sê Ramaphosa
“Fase 4 [beurtkrag] was sleg, ons moet seker maak dat dit nooit weer in Suid-Afrika gebeur nie.”
Resep: Gestoofde patats
ʼn Heerlike groente-soetding!
Marciel Hopkins en dáárdie foto: ‘Ek moes dié pad stap om te verstaan’
Sy het nooit beplan dat dit só moet gebeur nie. Inteendeel. Sy wou net haar ervaring deel en hopelik sou daar een of twee vroue daar buite wees wat daarmee kon identifiseer. En skielik ken mense reg oor die wêreld nou haar naam.
Swaar straf vir polisiemoordenaars verwelkom
Die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Elia Mawela, het die lewenslange vonnisse vir drie polisiemoordenaars verwelkom en die ondersoekspan bedank wat verseker het hulle word in hegtenis geneem, skuldig bevind en gevonnis.
Video: Chereé oor jongste snit: ‘Ons moet weer met mekaar praat’
“Ek wou almal daaraan herinner dat hulle nooit alleen is nie en dat gebed kragtig kan wees wanneer jy niemand het om mee te praat nie. Hy is immers altyd daar om te luister.”
US Woordfees Woordtrofee-wenners vir 2019
Die 2019 US Woordfees Woordtrofees is Donderdag by ’n spesiale toekenningsgeleentheid oorhandig.