Die vreugdevure brand hoog in die Jaguares-kamp ná tuisspan hul voorsprong weggooi.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 April 2019
Voortvlugtiges gou aangekeer
Twee voortvlugtiges, Mbongosi Mgoqi (24) en Jason Witbooi (22) is Saterdagmiddag omstreeks 12:00 in die Stormsrivier-gebied in die Oos-Kaap aangekeer met behulp van ʼn op-en-wakker motoris.
Olifant vertrap vermeende stroper
ʼn Skedel wat in die Krugerwildtuin gevind is, is vermoedelik dié van ʼn vermeende stroper wat deur ʼn olifant vertrap is.
Saak teruggetrek teen vrou ná man se moord
Die saak teen Karin Geldenhuys, wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar man Pieter Geldenhuys, is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek.
Stiefpa bly in aanhouding ná dogter se ‘verkragting’
ʼn 36-jarige man het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van die beweerde verkragting van sy 14-jarige stiefdogter.
Super-Crusaders verskuif weer die doelpale
Die Crusaders het die Brumbies Saterdagoggend in Christchurch in hul Superrugbywedstryd geklop. Lees ook hoe dit met die Blues teen die Waratahs en Rebels teen Japanse Sunwolves gevaar het.
Klag ingedien oor riool in Wilgerivier
‘n Strafregtelike is klag ingedien teen die Mafube- plaaslike munisipaliteit oor die storting van rou riool in die Wilgerivier by Frankfort in die Vrystaat.
Amcu bly staak by Sibanye-Stillwater
“Hierdie is nie ʼn stryd tussen werkgewer en werkers nie; dit is nou ʼn politieke saak en dit is hoekom die regering stilbly oor hierdie kwessie.”
Dronkbestuurder vra polisie om sy motor aan die gang te kry
Toe die polisie met hul patrolliemotor stilhou om met die man te praat, het hulle ontdek hy is besope.
Lig die hoed vir Blitsbok Werner Kok
Die Blitsbok Werner Kok het Saterdagoggend in Hongkong ʼn groot mylpaal bereik toe hy sy 100ste drie vir die Blitsbokke in Wêreldrugby se sewesreeks gedruk het.
Duurder brandstof tref klein ondernemings die swaarste, sê Nafcoc
Die jongste petrolprysverhoging van meer as ʼn rand sal met verloop van tyd ʼn verwoestende impak hê op klein ondernemings, het die National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) Vrydag in Noordwes gesê.
DA wil SOE-verslag oor Eskom sien
Die Demokratiese Alliansie sal ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) indien om pres. Cyril Ramaphosa te dwing om die bevindings van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor Eskom bekend te maak.
Thandi Modise: Getuies moet inligting weergee
Bejani Chauke en kapt. Tebogo Mokolobate is getuies in AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se privaat vervolgingsaak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.
Valke-lede in hof oor korrupsie
Drie lede van die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke) bly in aanhouding ná hulle in hegtenis geneem is op aanklag van korrupsie, uitbuiting, intimidasie en dwarsboming van die gereg.
Drie beseer toe taxi deur huis bars
Drie persone is Vrydagmiddag in Glenwood, KwaZulu-Natal beseer toe ʼn taxi deur ʼn muur gebars en ʼn huis getref het.
Blitsbokke bly op koers, al is daar spoedhobbels in hul pad
Die Blitsbokke het Saterdagoggend in Hongkong steeds op koers gebly om onoorwonne in die groeprondes van dié toernooi te bly.
Ouers in hof oor dogter se dood
ʼn Egpaar het Vrydag in die Ermelo-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte wat verband hou met die afsterwe van hul vyfjarige dogter.
Zimbabwe dok miljoene op vir regters se pruike
Zimbabwe se regbank het miljoene rand spandeer aan pruike van die Verenigde Koninkryk terwyl talle howe vervalle is en nagenoeg tweederdes van die bevolking onder die broodlyn leef.
Gedagte vir die dag: Sodat niks my onderkry nie
Maak die wysheid jou metgesel. (Spreuke 4:6)