Twee Suid-Afrikaners het die vonk vir hul oorsese spanne gelewer om belangrike seges in die jongste ronde Pro14-wedstryde te behaal.
Lees meerAlles vir Sondag 7 April 2019
Jong man deur honde verskeur
ʼn Begrafnisdiens sal Donderdag plaasvind vir Ruan van Staden (20) wat dood is toe hy deur twee honde aangeval is.
Vier vas oor moord by Kaapstad-vulstasie
Vier persone is in hegtenis geneem kort ná ʼn man by ʼn vulstasie in Kenilworth in Kaapstad doodgeskiet is.
ANC aangekla ná hulle ‘geweld aanhits’
Solly Msimanga, die Demokratiese Alliansie se premierskandidaat in Gauteng, het Sondag strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen die ANC nadat dié party glo geweld aangehits het in Alexandra in Johannesburg.
Engelse nooi sê ‘ja’ vir haar boer
Dié nuus is op hul onderskeie Instagram-rekeninge gedeel met die foto’s waar ʼn verloofring aan haar vinger blink.
SA in die greep van korrupsie, bedrog en gierigheid, sê IVP-leier
Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Saterdag gesê Suid-Afrika is onder aanval, maar die vyand kom nie van buite met vuurwapens en messe nie; die wapens is korrupsie, bedrog, gierigheid en ontkenning.
Sewe in Gauteng doodgeskiet
ʼn Taakspan is aangestel om die skuldiges vas te keer ná sewe persone die afgelope naweek in Springs, Tsakane en KwaThema in Ekurhuleni doodgeskiet is, het die Gautengse polisie Sondag gesê.
Twee vas wat met ietermagô betrap word
Twee persone van Malamulele in Limpopo is in hegtenis geneem toe ʼn ietermagô in hul besit gevind is.
Seun ontvang jare later Reddingsboei vir dapperheid
“Hierdie is nie net ʼn verhaal van moed en dapperheid nie, maar ʼn getuienis van ʼn seun se liefde vir sy pa.”
Hoëspoedjaagtog toe man glo van demone wou vlug
ʼn Man, wat aangevoer het hy is besig om ʼn geestelike oorlog te voer en dat hy van demone wou vlug, is in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog in Ekurhuleni.
Skoolhoof aangekeer oor lyfstraf
Die skoolhoof van die Lydenburg Islamitiese Sentrum in Mpumalanga is in hegtenis geneem ná berigte van lyfstraf by die skool.
KateRok: ʼn Kunstenaar met iets om te sê
“Ek wil nie skaam wees vir my geskiedenis nie. Dit is ʼn ongelooflike mooi geskiedenis van saamstaan en opstaan, verpletter word en wéér opstaan.”
‘Vrou moet nooit weer met kinders werk nie’
Die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling het gesê ʼn vrou wat verfilm is terwyl sy kinders na bewering mishandel en aangerand het, moet nooit weer met kinders werk nie.
SAUK wen dringende aansoek oor ACM-verkiesingsmanifes
Die ACM is in Desember bekend gestel deur die omstrede voormalige uitvoerende bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng.
Een dood toe tenker ontplof
Een persoon is Saterdagmiddag dood en ʼn tweede persoon is kritiek beseer toe die tenker waaraan hulle gewerk het, in Ekurhuleni ontplof het.
Babaseuntjie verlate gevind in Polokwane
Die polisie in Polokwane het ʼn soektog van stapel gestuur vir die ma van ʼn kind wat Saterdag verlate gevind is in een van die restaurante in die stad.
Drie vas oor vermiste vrou van Marble Hall
Die polisie in Marble Hall in Limpopo het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn 38-jarige vrou wat verdwyn het.
Gedagte vir die dag: Vrede vir jou
Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. (Filippense 4:7, Bybel in Afrikaans 1933/1953)