Ondernemings in die Kaap sal volgende week tydens ʼn spesiale beraad vergader om die land se elektrisiteitskrisis te bespreek, het die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid Dinsdag gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 April 2019
Nóg vyf vas by toetsstasie
Nog vyf persone is Dinsdag in hegtenis geneem by ʼn voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
Damvlakke kritiek laag in Grahamstad
Damvlakke in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap is kritiek laag, ondanks reën in die gebied.
ANC veroordeel plundery toe skoliere staak
Die ANC het Dinsdag gesê hy veroordeel die plundery wat plaasgevind het toe skoliere, wat verbonde is aan die studente-organisasie Cosas, na die party se hoofkantoor, Luthuli-huis, opgeruk het.
Aanvaller dra koeëlvastebaadjie tydens plaasaanval
Een van die persone wat Harm Bonnema (71) op ʼn plaas buite Marble Hall in Limpopo aangeval het, het ʼn koeëlvastebaadjie aangehad.
Ramaphosa onderneem om spoorwegdiens te verbeter
Pres. Cyril Ramaphosa het homself daartoe verbind om die spoorwegbedryf te verbeter, wat die afgelope paar jaar onder kritiek deurgeloop het as ʼn swak en ondoeltreffende diens.
ToekomsVenster: Jesus seën die kindertjies
Jesus sê leef onopgesmuk en braaf soos kinders.
Saak teruggetrek teen seuns ná moord by skool
Die ondersoek na die moord op ʼn 12-jarige leerder van die Grace and Hope Special School in Seshego buite Polokwane in Limpopo, is na die provinsiale direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing verwys.
Man in woonkompleks doodgeskiet
Twee mans in ʼn blou BMW het saam met hom by die woonkompleks se hek ingery waarna hulle hom voorgekeer en geskiet het.
Luister: Boesmanlandse musikant is ʼn ‘lekker mens’
“Die musiek moet jou sommer lus maak om op ʼn velstoel te gaan sit êrens en vir jou ʼn ietsie te gooi.”
Ghadaffi-geldbewerings het al tevore kop uitgesteek
Bewerings oor geld van die Libiese diktator wyle generaal Moeammar Ghaddafi het al tevore ook opgeduik en niks opgelewer nie, waarsku bronne in die Suid-Afrikaanse regering.
Só word jy ʼn bierkenner
Jy en jou vriende dink dalk julle is bierkenners na aanleiding van die hoeveelheid bier wat julle drink, maar het jy geweet daar is ʼn behoorlike manier om ʼn nuwe bier te proe?
Matie-kaptein wil Varsitybeker met trofee groet
“Ek het by Tukkies begin en nou speel ek vir Maties teen die Pretorianers in die eindstryd van my laaste seisoen.”
Foto’s: Kerk op Redelinghuys in brand verwoes
Die NG kerkgebou op Redelinghuys, ʼn dorpie in die Wes-Kaap, is heeltemal verwoes nadat ʼn brand vroegoggend daar uitgebreek het.
Oorsig van Eskom se produksie van elektrisiteit
Eskom se kragopwekking staan tans, gemeet in megawatt-uur, by dieselfde vlakke as rondom 2004.
OVK diskwalifiseer kandidaat vir verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het slegs een beswaar teen ʼn kandidaat wat vir die nasionale verkiesing volgende maand benoem is, bekragtig.
Tiener ‘getraumatiseer’ ná sy van ontvoerders ontsnap
Die motor het eers verbygery maar haar egter minute later by ʼn kruising wat in dié straat inloop, ingewag.
Boek: Hoekom donkie se ore so lank is
Die boek is gemik op lesers tussen drie en 10 jaar oud.
Die meisie in die holderstebolder wêreld
’n Skugter tiener oorkom haar vrees vir die dodelike vloek wat oor haar familie hang in die Afrikaanse grootword-rolprent Meerkat Maantuig.
Bankrot geoes
Die mens praat Ingels met ons en vertel ons hy is die grootbaas van ʼn inmaakbedryf en hulle soek al onse rooirissies. Die man blo ons ʼn vreeslike prys en ons val vir die grappie…