Polisiebeamptes, waaronder lede van die bomeenheid, is Dinsdag by Thibault-plein in die Kaapstadse middestad ontplooi, nadat ʼn wenk oor ʼn moontlike ploftoestel daar gekry is.
Alles vir Dinsdag 9 April 2019
Steinhoff struikel weer met uitslae
Dié maatskappy sê die PricewaterhouseCoopers (PwC)-verslag, wat sowat drie weke gelede uitgereik is, het nuwe uitdagings aan die maatskappy gestel.
Beurtkrag: Dís wat gebeur as kragnetwerk ineenstort
Robert Koch, senior bestuurder vir ondernemingsrisiko en stabiliteit by Eskom, verduidelik die verskil tussen beurtkrag en onbeheerste kragonderbrekings (rolling blackouts) of ʼn onbeheerste nasionale kragnetwerk-ineenstorting (national blackout) en hoe gereed die kragvoorsiener daarvoor is.
Player onthou sy Meestersdae
“Dit was ’n reuseopskudding toe ek die eerste keer in 1961 gewen het.”
Pretoria-inwoners skop vas teen beoogde prospektering
Inwoners van Doornpoort in die noorde van Pretoria sê wéér ʼn mynmaatskappy die stryd aan wat ʼn klipgooi van hulle woonbuurt wil prospekteer vir minerale.
Boer gee stukkie mielieland prys om jawoord te vra
“Alles het so vinnig gebeur, ek het eers later besef ek het nooit ‘ja’ gesê nie! Dit het my baie spesiaal laat voel.”
Omnibusse vir kinders
Hoe gemaak wanneer jy graag jou vir jou leesgierige kinders hulle gunstelingskrywers se boeke wil aankoop, maar jou beursie is plat? Skaf ‘n omnibus aan!
60 honde gered van Vrystaatse ‘gruwelhuis’
Toestande was só haglik dat van die diere weens inteling ekstra tone en misvormde koppe gehad het.
Kwagga gaan saam toer
Die woelige flank is gereed vir Lions se moeilike toer, terwyl Whiteley dalk sy terugkeer kan maak.
Dié Coke-botteltjie meer as ‘n miljoen werd
Talle persone versamel Coca-Cola-aandenkings en dis geen wonder nie: die maatskappy vervaardig al sedert 1915 verskeie baniere, plakkate, reklameborde, blikkies en ander produkte.
Uitdrukking: Ysterklou in die grond slaan
Die uitdrukking “ysterklou in die grond slaan” is ontleen aan die stories van Jakkals en Wolf.
Seuns in hof ná moord by skoolkoshuis
Twee leerders wat ʼn kamer met die slagoffer deel, het ʼn onderwyser ontbied nadat hulle gesien het die seun beweeg nie en haal ook nie asem nie.
Kan LekkeSlaap jou vasvra oor Suid-Afrika?
Hoe goed is jou kennis oor Suid-Afrika? Kyk of LekkeSlaap jou met dié vraelysie kan uitvang!
Luister in 3 minute: Klasaksie teen Eskom en belastingteikens
Die drie sakekwessies wat die afgelope week in die nuus was, is die klasaksie teen Eskom, die Inkomstediens se belastingteikens en die stand van sake doen in Suid-Afrika.
Video: Cordelia vier die lewe met jongste enkelsnit
“Dit het ʼn lekker tong-in-die-kies-liriek wat nét in Afrikaans gesing kan word.”
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar
In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor die Motor van die Jaar, die nuwe Mitsibushi Triton en die Eclipse Cross.
Man vier keer op plaas geskiet
Paramedici het die man ondersoek waarna ʼn helikopter weens die erns van sy beserings ontbied is om hom hospitaal toe te neem.
Verbruikersake: Verbruikerstribunaal besluit oor motorkredietheffing
Die Nasionale Verbruikerstribunaal het nou die finale oordeel gevel oor die heffings wat verbruikers moet betaal wanneer hulle ’n motor op krediet koop en bevind dat die heffing, wat ʼn “on the road fee” genoem word, onwettig is. Ina Opperman verduidelik.
Nuuskommentaar: Gaan jy dié jaar anders stem?
Gaan jy vanjaar vir dieselfde party stem as waarvoor jy met die vorige verkiesing gestem het? Aanduidings is dat aansienlike kiesersmigrasie gaan plaasvind, en verskeie faktore speel hierin ’n rol. Die ekonomiese gemors van ’n dekade lange Zuptakrasie het klaarblyklik baie kiesers tot by ’n kantelpunt gevoer. Maar is die aannames geldig?
Voornemende skrywer? Skryf nou in vir die Winterskool
In dié weeklange kursus se bestaansgeskiedenis van 34 jaar – dit was voorheen aangebied as ’n Herfsskool – het dosyne gevestigde en bekroonde skrywers ’n wegspringplek vir hulle skryfloopbane daarby kom vind.