Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Alles vir Woensdag 10 April 2019
Kenners sê oor honde wat byt
“Dit is onrealisties en gevaarlik om van ʼn hond te verwag om te weet wanneer om betreders te verjaag, maar ander gaste hartlik te verwelkom.”
Video: Eksmeisie daag by troue op – in ʼn trourok!
Die vrou het onverwags by haar ekskêrel se troue opgedaag – in ʼn trourok!
EFF moet sê oor bewerings van korrupsie
Die Progressive Professionals Forum het ʼn beroep op die EFF gedoen om die waarheid te praat oor bewerings dat partyleiers geld van VBS Bank ontvang het.
Foto’s: Voertuie in ligte laaie tydens betoging
Inwoners het opgeruk oor ontevredenheid oor munisipale dienste en ʼn gebrek aan elektrisiteit in dié gebied.
Oosthuizen lei SA aanslag op Augusta
Suid-Afrikaners jag eerste meesterstitel sedert Ernie Els in 2012 die Ope Kampioenskap gewen het.
Wenke om gemaklik in jou langer lengte te wees
Dit is nie so maklik vir ʼn langer vrou om klere wat pas in die winkels te kry nie en, asof dit nie erg genoeg is nie, maak vreemdelinge ongevraagde opmerkings oor jou lengte.
Dalai Lama in hospitaal opgeneem
“As ek nog vir die volgende tien tot vyftien jaar leef, sal die politieke situasie in China verander, maar as ek in die volgende paar jaar sterf, sal die Chinese regering wys dat die reïnkarnasie in China moet gebeur.”
Ramaphosa aan boere: ‘Almal in SA het rol om te speel’
Pres. Cyril Ramaphosa het wéér die versekering gegee dat grondonteiening nét ingevolge wetgewing gedoen sal word en het mense gevra om in die land te bly en ‘n verskil hier te help maak.
Video: Brand woed deur gebou in Durban
Paramedici het ook ʼn blinde kat op die toneel behandel wat uit die brand ontsnap het.
Dwelmbeskuldigde ‘dog hy werk in medisynefabriek’
Die sewe beskuldigdes het almal aangedui dat hulle onskuldig sal pleit op die aanklagte teen hulle.
UJ-pryse vir Afrikaanse tekste toegeken
Die vakgroep Afrikaans in die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg het die wenners van die 2019 UJ-pryse bekendgemaak.
Boek: Die Dao van Daan van der Walt
Daan, Latyn-kwoterende Kalahari-boer, langslewende eggenoot van Magrieta en pa van Jan-Willem, sit op ‘n wankelrige stoel in ‘n heidense tempel in China en skryf sy Historia (oftewel confessiones)
Plaasaanval op video vasgevang: ‘Hulle was daar om moord te pleeg’
Die wrede aanval op Bonnema is deur veiligheidskameras op beeldmateriaal vasgevang. Die burgerregte-organisasie AfriForum sê dit is seldsaam dat die gebeure tydens ʼn plaasaanval só duidelik op video vasgevang word.
Kitshoff is kaptein in Kolisi se plek
Stormers wil flou toer op ʼn hoë noot afsluit.
Padtoets: Jongste Kia Sportage die beste?
Ek het vir ʼn rukkie met myself gestry oor dié Sportage, skryf Brendon Staniforth.
Oudvoorsitter van Broederbond sterf
Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, het in reaksie op die dood van prof. Pieter de Lange gesê hy voel geëerd dat hy die geleentheid gehad het om sy leiding en insig te kon ervaar en van tyd tot tyd op sy skerp intellek en wysheid kon staatmaak.
Nuuskommentaar: Israel saam met badwater weggegooi, muishondlande ingedra
Die post-1994 Suid-Afrika het reeds ’n venynige reputasie van vriende wees met muishondlande. Kan die besluit om diplomatieke bande met Israel van ambassadeursvlak tot belangekantoor wat tot konsulêre funksies beperk word, af te gradeer, as ’n groot fout beskou word?
Gedig: Laatnagvure: XV
“Na die liefde se sloping bly dié probleem: hoe om weer op die kaal erf te bou…”
Olivier vat sewe paaltjies vir Yorkshire
Oud-Proteablits begin loopbaan in Engeland.