“Ons hoop dat die vervolging van Grace Mugabe binnekort sal volg en ons sal die saak monitor.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 April 2019
Bok Radio onttrek van Ghoemas
“Bok Radio kan geen vorm van diskriminasie op enige vlak teenoor enige kunstenaar(s), groep of taal ondersteun nie.”
Ennerdale-skool het week om onderrig te hervat
ʼn Klaskamer is gedurende die betoging aan die brand gesteek.
Numsa staak op kort kennisgewing
Indien dié staking voortgaan, sal dit maar ʼn dag voor die Paasnaweek in werking tree wat ʼn invloed op alle Comair-vlugte landwyd sal hê.
Kabinet kanselleer inligtingsessies
Oor die jare het dit die voorste inligtingsgeleentheid geword waar vrae oor die regering gevra kon word.
Foto’s: Aktiviste neem Londen op horings
“Dit is ’n baie belangrike oomblik in die geskiedenis. Dit moes 50 jaar gelede al gebeur het. Die tyd loop uit en ons regering moet luister.”
ToekomsVenster: Geloof in aksie
Dis ʼn pragtige toneel wat hom hier voor ons oë afspeel. Die donkie wat reeds gereed staan om die Messias koning te vervoer, die mense wat in eerbetoon takkies afbreek, hul klere op die pad strooi en luidrugtig die Koning van Konings, afstammeling van koning Dawid verwelkom.
Nóg ʼn oorwinning vir De Lille teen DA
Die DA moet binne die volgende drie dae ʼn openbare verskoning aan De Lille uitreik.
Fetus gesond ná operasie in baarmoeder
Dit was die eerste keer dat die tipe operasie – om ʼn fetus se spina bifida reg te stel – in Afrika gedoen is.
Akademia ken 157 kwalifikasies toe
Altesaam 52 grade, tien gevorderde diplomas, vier diplomas en 91 hoër sertifikate is vanjaar by Akademia se jaarlikse kwalifikasieplegtighede toegeken.
Ghoema-nominasie onttrek oor Steve Hofmeyr
“Hierdie is ʼn klap in die gesig van kunste, vryheid van uitdrukking én vir die bevordering van Afrikaans.”
Nóg 11 vas vir openbare geweld in Vrystaat
Die groep inwoners was nie gelukkig met die hofuitspraak van ʼn ander saak van openbare geweld wat gister uitgestel is nie.
Packham wou nie selfoon se wagwoord aan polisie verskaf
“Jy was dus meer bekommerd oor die media as oor hoe jou optrede geïnterpreteer is?”
Moyane mag Gordhan nié kruisondervra
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het Tom Moyane se aansoek om Pravin Gordhan te kruisondervra, van die hand gewys.
Verslag oor swak diens in hospitale saamgestel
Lede van die publiek word genooi om hul ervarings van swak dienslewering en behandeling by hospitale en klinieke te deel vir die saamstel van die verslag.
Twee ondervra ná man langs voertuig geskiet word
“Volgens die polisie se inligting het die bestuurder uitgeklim, maar in die proses die motorsleutels onder die bestuurdersitplek ingegooi. Hy het toe probeer weghardloop.”
Wittebrood
Die jongmense ken van Mauritius en Parys maar ons ken van Jagersfontein se treine in die nag. En ons huwelik klou en die Duitser bly mooi en ons sien nog kans vir baie…
Belowende navorsing oor outisme-behandeling
’n Verband tussen die brein en die maag hou belowende resultate in vir die behandeling van sowat die helfte van outismegevalle, naamlik waar die lyer ook ’n verskeidenheid spysverteringsprobleme het.
Boekresensie: Kanker schmanker
Madelein Rust deel intieme besonderhede van haar persoonlike belewenis met kanker. Haar eerlike vertellings laat die leser geensins onaangeraak nie – jy lag én huil.
Die wêreld in foto’s – 16 April 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.