Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het dié ope brief aan Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, geskryf nadat die musiekvideo van “Die Land” waarin Steve Hofmeyr sing van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder is.
Alles vir Woensdag 17 April 2019
Gauteng-ouers ‘moet spring met skole-aansoeke’
“Afrikaanse ouers moet leerders by die skool van hul keuse inskryf sodra die registrasies open om te verseker dat Afrikaanse skole se taal van onderrig behoue bly.”
Miljoene bestee om FB-baas veilig te hou
Sommige meen Zuckerberg se sekuriteit is die duurste van alle uitvoerende hoofde ter wêreld.
Gesteelde motors, onderdele op skrootwerf gevind
Die polisie ondersoek die moontlikheid dat dié motors dalk almal met ʼn motordiefstalsindikaat verbind kan word.
Beloning van R750 000 uitgeloof ná moorde
ʼn Multidissiplinêre ondersoekspan is aangestel om die drie raaiselmoorde te ondersoek.
Resep: Chai-amandelmelk met vanielje en kaneel
Maak seker jy is naby ’n gemaklike bank of jou bed, want hierdie wonderbrousel sal jou binne tien sekondes aan die slaap maak.
Boek: Strooisuikerliefde
Vars, snaaks, speels – liefdesverhale vir alle generasies. Agt lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel – sonder om te bloos!
Boek: Bloedlelie
Wie was die Magdalena, wat in 1838 haar man, Piet Retief, sien vertrek het na ’n vergadering met Zoeloekoning Dingaan om oor grond te onderhandel? Hanna, ’n hedendaagse vrou, wonder hieroor wanneer sy en haar geliefde ondersoek instel na ’n grondeis – en hulle vasloop teen ’n plaasmoord.
Joernaliste in Alexandra beroof
“Die joernaliste het bloot hul werk gedoen.”
Borg onttrek aan Ghoema-musiektoekennings
“ʼn Glansgeleentheid soos dié wat die prestasies van Afrikaanse kunstenaars vereer, kan nie vertroebel word deur politieke voorkeure en polities gedrewe besluite nie.”
Oefening vir as asteroïed dalk teen aarde bots
In ’n poging om die aarde teen ’n katastrofale asteroïed te beskerm, word ’n eksperimentele botsingstuig in 2021 gelanseer.
Tekenprent: Die wêreld treur oor Notre Dame
Mense van reg oor die wêreld het Maandagaand verslae toegekyk hoe die Notre Dame-katedraal, ʼn integrale deel van die geskiedenis en een van Parys se gewildste toeristeaantreklikhede, deur vlamme verteer word
Sakevertroue in siviele konstruksie duik in die hek
Oor die afgelope jare het die boubedryf in Suid-Afrika aansienlik van staatskontrakte en openbare besteding afhanklik geraak. So ʼn afhanklikheid kan natuurlik ʼn groot risiko raak wanneer die fiskale en monetêre gety draai, soos wat gebeur het.
Nuuskommentaar: Spook Kodesa-flaters nou met verkiesing-sêdinge?
Speel die flaters wat met die Kodesa-onderhandelings gemaak is ’n rol daarin dat daar aannames is dat minderheidsgroepe, soos die Afrikaner, deur verkiesingsbogpraatjies ore aangesit kan word? Hoe anders kan Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, dink hy kan wegkom met ’n twakstorie soos dat die ANC nie vir die foute van hul leiers gestraf moet word nie?
Gedig: Maaltyd
“Ou moeder met haar hoepelrokkie en stywe kappie, staan hande gevou in die vorm van ʼn koperklokkie…”
Soedan en Omar al-Basjir
In Soedan vind tans geskiedkundige gebeure plaas met die staatsgreep teen langtermyndiktator Omar Hassan al-Basjir.
Kusile-eenheid op nasionale kragnetwerk bygevoeg
“Eenheid 3 is meer as agt maande voor die goedgekeurde sperdatum van Desember 2019 met die kragnetwerk gesinkroniseer.”
Bedrywighede sál voortgaan ondanks staking, sê redery
“Ons moedig ons kliënte aan om aanlyn in te boek óf by die selfdiensstasies by lughawens. Bagasie moet by die [betrokke lugdiens] se toonbank ingeboek word.”
Assange besig met sy swanesang
Is Julian Assange, stigter van WikiLeaks, ’n vegter vir mediavryheid? Of ’n kuberterroris?
MultiChoice reageer op Ghoema-besluit
MultiChoice het sy stilte verbreek nadat hy versoek het dat Steve Hofmeyr nie deel van die Ghoema-toekennings is nie en gedreig het om sy borgskap aan die geleentheid te onttrek.