Ken jy die woord “spiekeries”? Dit beteken “deftig, formeel, windmakerig”
Alles vir Donderdag 18 April 2019
Onderwysers in presterende skole selde afwesig
“Hierdie leerders se swak akademiese prestasie dra by tot Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfers, wat armoede vererger en hoop op ’n beter toekoms kelder.”
Verbruikersake: Hof vir klein eise
Min verbruikers het die geld en die tyd om iemand wat hulle ingeloop het, vir ’n bedrag minder as R20 000 hof toe te sleep. Daar is egter ’n goedkoper en vinniger manier om jou geld terug te kry: die hof vir klein eise. Ina Opperman verduidelik wat jou te doen staan.
Vrou ná nagmerrie-nag op plaas: ‘Hoekom ons?’
“Ek het vir hom gesê, ‘jy moet my nou laat gaan, anders gaan ek doodgaan in hierdie voertuig en dan gaan jy teregstaan op aanklag van moord’.”
Vandag se sportnuus
By die Monte Carlo Meesters het Rafael Nadal teen Roberto Bautista Agut te staan gekom en in twee stelle geseëvier en in Superrugby-aksie klap die eerste skote reeds môre wanneer drie wedstryde gespeel word.
Parlementêre bateregister ’n goudmyn vir ondersoekende joernaliste
Die jaarlikse bateregister van parlementslede, waarin hulle al hul bates, van geskenke en eiendom tot direkteurskappe en aandeelhouding korrek moet verklaar as hulle nie vervolg wil word nie, is Woensdag deur die parlement bekend gemaak.
Wie gaan hiérmee kan COPE?
Dié party en sy leier het deurgaans verkondig hoe hulle teen hierdie beleid gekant is en selfs bereid is om dit in die hof te beveg. COPE se 2019-manifes skets egter ’n heel ander prentjie.
Polisieman raakgery, raadslid geskiet tydens betoging
“Ek het probeer om my foon te gryp, maar hy het my geskiet, twee keer op my arm, op die bors en op die voet.”
Video: Demi Lee geloof vir Ghoema-toespraak
“Verder wil ek dit opdra aan elke persoon wat nog hoop het in hierdie land, wat bly in hierdie land, wat hulle kinders grootmaak in hierdie land en wat lief is vir hierdie land.”
Die land is in ’n staat van beleg
Dit alles laat mens voel soos ‘n gesiene rubriekskrywer dit bewoord het: Hy lees die dag se nuus laataand wanneer die kinders slaap. Met ‘n sweisbril.
Gedagte vir die dag: Die impak van ’n vrou wat bid
Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. (Jakobus 5:16)