“Jy kan nie ander mense help voordat jou eie bekertjie nie vol is nie.”
Alles vir Maandag 29 April 2019
Staking begin by Tiso Blackstar
Tiso Blackstar besit koerante soos Business Day, Sunday Times en Sowetan.
Schoeman steeds ’n swembadbreker
Amper 40 jaar oud en hy is steeds vinniger as die 23 s-kerf.
Stryd van die avontuurfietse
Hierdie fietsie is Zontes se eerste tentatiewe tree in die avontuurmark vir kleinkapasiteitfietse.
Weldoeners snel vroue te hulp tydens padwoede-voorval
“Die Here was saam met ons daar. Jy sien die stokke verbyvlieg, maar niks het ons getref nie.”
Radiodrama: ‘Plattelanders’ – episodes
Plattelanders is Maroela Media se nuwe radiovervolgverhaal van 120 episodes. Kom ontmoet die kleurryke karakters van Maroela-fontein. Kom deel in hulle lief, leed en natuurlik drama.
Nóg ʼn moordklag teen genadedood-prof
Dignity SA het bevestig Davison word nou ook aangekla in verband met die dood van Richard Holland in 2015.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Skemerson’
Floris Groenewald het na die splinternuwe Afrikaanse fliek, ‘Skemerson’, wat op Vrydag 3 Mei landwyd in fliekteaters uitgereik word, gaan kyk.
Pa wil ander ouers waarsku ná seun (6) se ongeluk
“Ek het vir hom gesê om weg te kom daar, maar die volgende oomblik het ek net gesien hoe hy sy voetjies van die grond af lig en toe kom die wasbak vooroor.”
Luister: Robbie oor huldeblyk aan rugbyheld Patrick Lambie
“Hy is toe nou mal daaroor en het laat weet die liedjie het aan sy hart gevat.”
Proteas moet lig loop vir gevaarman Russell
“Ek wil sesse slaan en honderdtalle aanteken.”
Betogers wil opruk na Uniegebou, maar ‘wil niks brand’
Volgens berigte sou tot 12 000 mense aan die #TshwaneShutDown deelneem.
Resep: Sjokolade-yskastert
Hierdie ryk yskastert is baie maklik om voor te berei.
Atlete wys hul staal in Germiston
Hanekom breek 49-sekondkerf vir die eerste keer in loopbaan.
Nuuskommentaar: FAK gaan Steve vereer
Dit gaan nou kophou kos oor hoe om die prestige-toekenning wat Steve Hofmeyr by die FAK gaan ontvang sonder groot omstredenheid te laat geskied. Die tydsberekening ná die Ghoema-afjak en die naderende verkiesing laai die kwessie met ’n potente plofstof wat ’n groot uitdaging bied om sensitiewe sake nie verder te vertroebel nie.
Boek: 101 Spookgrappe
“Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere? Nek-tariens en bloedlemoene.” Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders deur Jaco Jacobs.
‘Game of Thrones’ speel sonder reëls
‘Game of Thrones’ verbreek al die reëls vir rolprentvervaardiging. Dit is waarom dit so suksesvol is.
Twee dood in KZN-ongelukke
Twee mense is dood en vyf beseer in twee verskillende ongelukke vroeg Maandagoggend op die M7 in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Nuwe Akademie-hoof wil groter bewustheid van Afrikaans en instelling skep
Prof. Anne-Marie Beukes is geen onbekende of onbeminde in taal- en akademiese kringe nie. Daarom dat haar aanstelling vanaf 1 Junie as die nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wyd verwelkom word.
ETM-aanwyser dui op strammer saketoestande
Sakeliga sal hierdie week hulle eerste Ekonomiese Oorsig vir Sakebesluitnemers vir 2019 in samewerking met ETM Macro Advisors uitgee. Hier is solank ʼn voorsmakie van die inhoud aan Maroela Media-lesers met ʼn grafiek van ETM se leidende ekonomiese aanwyser.