Beide die DA en die VF Plus maak aanspraak daarop dat hulle die politieke party is wat werklik omgee vir Afrikaans en hulself sal beywer vir die beskerming van jou taalregte indien jy vir hulle stem. Maar wie moet jy glo?
Alles vir Dinsdag 30 April 2019
Video: Só werk ‘microblading’
Maroela Media het gaan uitvind presies hoe “microblading” werk. Kyk hier na die video:
‘Bekommernis oor die toekoms van SA se weggooikinders’ – maatskaplike werker
Gisteraand lê ek wakker in my bed. Nat gesweet. Vir iemand in my beroep – ʼn beroep waarin jy moet toesien dat die weggooi- en vergete kinders van Suid-Afrika ʼn vir-ewig-huis, permanensie kry – is dit nie werklik ongewoon nie. Maar, gisteraand se wakkerlê was anders – dit was diep, intens en baie werklik.
Boekresensie: Stiltetyd vir die jongspan
Dit kan nogal ’n uitdaging wees om in vandag se tyd die gewoonte by jou kind te kweek om stiltetyd te hou. Dave Strehler se My Eie Klein Belofte-Bybel en My Eie Klein Gebede-Boek is spesiaal geskryf om kinders tussen ses en tien jaar oud te help om sinvol tot God te nader.
Om in die oomblik ma te wees
Ek dink die moeilikste ding wat mens kan doen is om in die oomblik te lewe. Deesdae lees mens gereeld van ʼn nuwe manier van lewe: om bewustelik te lewe; in die oomblik te lewe.
Potch-vrou met skoenveters gewurg; man pleeg glo selfmoord
Die paartjie het twee jong kinders. Hulle word in dié stadium glo deur ʼn ouma versorg en was klaarblyklik nie by hulle ouerhuis tydens die voorval nie.
Boek van die maand: ‘Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey’
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Paashaas en die malvalekkereiers
“En so kry ek toe tydens die Paasvakansie werk in die Randburg-winkelsentrum as ʼn paashaas. Dit was ʼn relatief maklike werkie…”
Foto’s: Mathys Roets trou met sy Jané
“ʼn Ou verwag nie daai tipe emosie nie – dit sal my nog lank bybly.”
18 beseer in spitstyd-ongeluk
“Verskeie pasiënte het verspreid oor die pad gelê waarna nóg ambulanse noodgedwonge na die toneel ontbied is.”
Ou landsvlag ‘deel van geskiedenis’
“Dit is onwaar om sonder meer aan te neem die ou landsvlag beteken vir die meerderheid Afrikaners ʼn terughunkering na apartheid. Die kernvraag is nie wat is polities korrek nie, maar eerder wat is wysheid te midde van al die emosies en politieke bagasie?”
Vermiste vrou erg aangerand gevind
ʼn 53-jarige vrou van Port Elizabeth wat sedert die begin van die maand vermis was, is Maandag met ernstige beserings by ʼn lodge in die stad aangetref.
Situasie in Brits ‘onder beheer’ ná geweld
Altesaam 45 betogers is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en sal vandeesweek nog in die hof verskyn.
Frank se breëbors-prestasie!
Centurion-man word eerste Suid-Afrikaner om 300 kg op te stoot.
Genadedood-saak: Wie was Richard Holland?
Dit het Maandag in die landdroshof in Kaapstad aan die lig gekom dat prof. Sean Davison, stigter van Dignity SA, nou aangekla word van die moord op Holland nadat hy hom glo met genadedood bygestaan het.
CemAir mag weer vlieg
“Die pad wat CemAir die afgelope maande moes stap, was ongekend in die lugvaartbedryf.”
Seewiersakkies in plaas van plastiekbottels gebruik
Die sagte sakkies, wat soos klein kussinkies lyk, is aan duisende hardlopers uitgedeel en bied aan wedrenorganiseerders die geleentheid om hul plastiekspoor te verklein by groot sportgeleenthede.
Sikloon Kenneth: Dodetal styg steeds, nóg reën voorspel
Vrywilligers het “algehele verwoesting” beskryf wat sowat 60 km vanaf die kuslyn tot nabygeleë eilande strek.
Video: Laurika verklap haar gunstelingliedjie van alle tye
Maroela Media het by Laurika Rauch gaan aanklop om die vrae te beantwoord waaroor ons nog altyd wonder.
Gesteelde fiets gevind, een vas ná hoewemoord
Die polisie het inligting ontvang dat ʼn fiets by ʼn sakeperseel naby die slagoffer se huis gelos is. ʼn 34-jarige Rastaman het dit glo by ʼn werker daar gelaat. Die tuinwerker het die fiets as sy eiendom uitgeken.