Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “Goeie geld na slegte geld gooi”
Alles vir Dinsdag 30 April 2019
Dewald Wasserfall veroorsaak ‘Elektrisiteit’ op Afrikaanse Top-20
Dié lied is ook op sy jongste album wat einde Mei uitgereik word.
Stormers kry Jaco en Sikhumbuzo terug
“Ons sal alles in die stryd werp hierdie naweek in Buenos Aires.”
10 woorde waarvan jy die oorsprong (waarskynlik) nie ken nie
Weet jy hoekom ‘n sepie ‘n sepie is, hoekom jy so seerkry as iemand met jou sarkasties is, en hoekom oefenklere al hoe duurder raak, al bedek dit al hoe minder? Lees hier
Luister: Wiele2Wiele toets Hyundai se Kona
In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor die Hyundai Kona, CAR-tydskrif se uitkloptoets vir die sportnutse en wat die jongste brandstofprysverhoging tot gevolg gaan hê.
Wes-Kaap verklaar dispuut oor polisiëring in provinsie
“Ons het heeltemal vertroue in – en geduld met – die minister van polisie en die hele nasionale regering verloor.”
Nuuskommentaar: Verspoel die vitrioelvloed die middelgrond?
Die Afrikaners word gereeld aangeraai om hulle na die middelgrond te begewe. So kort voor die verkiesing blyk dit om die middelgrond te vind, is so moeilik soos om ’n glibberige elektriese paling met die kaal hande te probeer vang. En as die middelgrond gevind word, is dit ’n goeie en gawe plek om te wees?
Staatsbesteding moet dringend ingekort word
Volgens Roodt is ekonomiese groei te swak om genoeg werkgeleenthede te skep. En beurtkrag deur Eskom help ook nie veel om werkskepping te steun nie.
Nedersettings moet skuif te midde van KZN-vloede
Die verslag beveel aan dat die nedersettings naby die pypleiding verskuif en strukture dán gesloop word.
Nehawu wil staak by departement oor werksgriewe
Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling se liasseringskantore in Kaapstad en Johannesburg laat ook veel te wense oor met dakke wat lek.
Kaapse Party oor werkskepping en beleid
Die Kaapse Party maak heftig beswaar teen die DA en ANC se rassistiese beleid van SEB (BEE), regstellende aksie, kwotas en die Wet op Gelyke Indiensneming.
‘Chaotiese grondgryp’ sal nooit gebeur, sê Ramaphosa
Verskeie mense in die ouditorium het vrae gevra oor die herverdelingsprogram wat deur die ANC gesteun word.
Aanvalle in Sri Lanka vra vir hulp aan Christenminderhede
Wat Paassondag in Sri Lanka gebeur het, is tragies. Dit is egter deel van ’n groter krisis wat reeds vir jare in talle lande met Christenminderhede oor die wêreld heen afspeel. Westerse lande het ’n plig om vir hierdie Christenminderhede te begin intree.
Gedagte vir die dag: God is by jou al voel dit nie so nie
As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my. (Psalm 63:7-9)