Die polisie is steeds op soek na die bestuurder van ʼn bakkie wat die naweek glo ʼn pa, sy twee jong kinders en nog ʼn maatjie doodgery het nadat hulle uit ʼn ongelukswrak op die pad tussen Bothaville en Allanridge geklouter het.
Alles vir die maand April 2019
Burgemeester uit op borg ná aanklagte van moord
Mahlaba is enkele dae ná Mluleki Ndobe, uitvoerende burgemeester van die Gwala distriksmunisipaliteit, in hegtenis geneem.
Ses baba-olifantjies uit moddergat gered
Ses baba-olifantkalfies is uit ʼn yslike moddergat in Thailand gered ná hulle vasgeval het.
Varsgebekkig: Selfs ‘n klip kan dryf, selfs ‘n engel kan sink
“Selfs ‘n klip kan dryf, selfs ‘n engel kan sink.” Het jy al ooit dié uitdrukking teëgekom?
Boek oor SA se ‘gevaarlikste politikus’ maak steeds opslae
ʼn Herrie woed steeds ná die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture die naweek. In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.
Helpende Hand wil weer bejaardes help om te hoor
Volgens Rautenbach het ʼn onlangse studie wat deur Helpende Hand gedoen is, bevind dat medikasie en dié eenvoudige mediese apparaat van die grootste behoeftes onder bejaardes is.
Taalbeleid vir universiteite vanjaar voltooi
Pandor het gesê die kwessie word tans in samewerking met universiteite gefinaliseer en die finale dokument sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Baba Daniel: Ma, kêrel hoor moontlik eers later hul lot
“Dit beteken dat hulle moontlik eers volgende week hul lot sal hoor.”
Rekordhouer druk steeds drieë ná skedelbreuk
“My verloofde en familie het my gemotiveer en ondersteun gedurende die herstelproses.”
Geen bewyse vir manipulasie van rand
Die minister het gesê die rand se waarde is vlottend in ʼn ingewikkelde en verwikkelde mark, so manipulasie sou nogal moeilik wees.
Diewe teiken nou Kaapse munisipale swembaddens
“Ek het tot my spyt gehoor van drie voorvalle van diefstal by swembaddens oor die afgelope dae wat skade van duisende rande beloop.”
Aangrypende huldeblyk vir Windhoek-vrou
Die sangeres Elizma Theron het ʼn roerende huldeblyk gebring aan haar niggie wie se liggaam verlede week by ʼn treinspoor in Windhoek opgespoor is.
Deur 85 lande op ʼn motorfiets
Dié aflos is slegs vir vroue en sal deur deelnemers van 85 lande waaronder Ierland, Spanje, Switserland, Swede, Turkye, Pakistan, Indië, Singapoer, Australië, Meksiko, Peru, Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Kenia afgelê word.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Die seemeeu’
Floris Groenewald het na die splinternuwe Afrikaanse fliek, ‘Die seemeeu’, wat op 5 April landwyd in fliekteaters uitgereik word, gaan kyk.
Nuuskommentaar: Magashule ‘se boek’ – morele kompas of aanslag teen Ramaphosa?
’n Nuwe boek wat pas verskyn het en bewerings oor ongerymdhede van Ace Magashule, die ANC-sekretaris-generaal, onder die loep neem, hou die potensiaal in om die komende verkiesing in ’n ander rigting te lanseer. Dit kan ook ’n waterskeidingsoomblik vir pres. Cyril Ramaphosa inhou.
Moet Markram Wêreldbeker toe gaan?
“Natuurlik,” sê Jacques Rudolph. En daar is baie wat saam met dié oud-Protea stem.
Luister: Michael Blignaut ʼn nuweling op die Afrikaanse musiekhorison
“Dit is vir my ʼn baie groot eer dat Vaughan ʼn liedjie wat hy self kon opneem vir my gegee het.”
Resep: Banting-‘pasta’
Jy kry steeds die genoegdoening van ʼn bak stomende “noedels” of “spaghetti” sonder dat jou gewete jou pla!
Vier dood tydens skietery in Houtbaai
ʼn Span speurders is op die been gebring om die jongste skietvoorval te ondersoek nadat ʼn soortgelyke voorval verlede Donderdag in Houtbaai aangemeld is.
‘Afrikaans het my na God gebring’
As ’n matrikulant van Hoërskool Middelburg is my boodskap dat Afrikaans onder my vel ingekruip het, want dit het my na God toe gebring. Mathews Phosa se woorde waarna ek elke dag in die Afrikaanse klas kyk, het volle betekenis in my lewe gekry.