“Daar is groot behoefte vir kinderteater en omdat ek so baie feeste bywoon met eie vertonings, het ek agtergekom daar is geen fees wat spesiaal net vir kinders is nie.”
Alles vir Vrydag 3 Mei 2019
Coligny-twee: AfriForum begin appèlproses
AfriForum het besluit om betrokke te raak nadat dit aan die lig gekom het dat die enigste ooggetuie in die saak glo in die hof gelieg het.
Wen ʼn reis na Kenia met DZL: Sien laaste twee noordelike witrenosters
ʼn Gelukkige wenner kan ʼn reis saam met die twee manne na Ol Pejeta Conservancy in Kenia wen om die laaste twee noordelike witrenosters te besoek!
Nuuskommentaar: Internasionale persvryheidsdag
Persvryheid word vandag wêreldwyd gevier. Suid-Afrika, anders as die res van die wêreld, vier egter mediavryheidsdag op 19 Oktober, maar dalk is dit meer gepas dat media-instansies wat erns het met persvryheid vandag by die internasionale persvryheidsdag inval.
Model, mev. Kaapstad en Olimpiese atleet tel onder Survivor-deelnemers
Een van die deelnemers is die vrou van ‘n bekende Binnelanders-akteur.
Die wêreld in foto’s – 3 Mei 2019
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Twee vroue, kind sterf op N4
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor wat veroorsaak het dat dit omgeslaan het.
Joernaliste ‘moet beskerm word’ tydens verkiesing
“Joernaliste is die verdedigers van die reg op vryheid van uitdrukking.”
Video: Samantha Leonard: ‘Vat ʼn kans’ al het jy seergekry
“Iemand wat ek met my hele hart vertrou het, het my baie seer gemaak.”
Video: DA vs. VF Plus oor Afrikaans, taalregte
Maroela Media se lesers kan hier die regstreekse uitsending van die debat tussen die VF Plus en die DA oor die beskerming van taalregte en Afrikaans volg.
Help! Die hond het my geld geëet…
Talle skoliere het al met ʼn verskoning van “die hond het my huiswerk geëet” probeer wegkom, maar dié brak het ʼn duurder dieet.
Tekort aan verpleegsters ‘’n ramp wat dreig’
Die strategiese plan vir verpleegopleiding, wat voorsiening maak vir nuwe kwalifikasies, is in 2013 al ingestel, maar nie die private opleidingsinstellings, óf die nuwe kurrikulums is al goedgekeur of geakkrediteer nie.
Navorsing oor bruin vroue teruggetrek ná herrie
Die ANC sê akademici moet net soos die geval met individue vir rassistiese uitsprake verantwoordelik gehou word.
Verkiesing 2019: Solidariteit Beweging neem standpunt in
Lede-instellings wat deel uitmaak van die Solidariteit Beweging sal Vrydag by ʼn gesamentlike mediakonferensie hul standpunt oor die komende verkiesing bekendmaak.
Audi stel sy vlagskip bekend
Dit is groot, luuks, mooi, sterk en vinnig.
Nóg twee gesogte pryse vir plaaslike renosterdokumentêr
Die Suid-Afrikaanse dokumentêr STROOP – Journey into the Rhino Horn War, is onlangs as die beste rolprent van die International Wildlife-rolprentfees (IWFF) in die VSA aangewys.
Op soek na die legendariese Don Robin
Dis ’n klein wêreld, dié van ons.
Derde verdagte gesoek ná moord op onnie
Sy naakte liggaam is Maandag langs die pad tussen Makwassie en Leeudoringstad gevind.
Nege vas ná Steynsrus-geweld
Die polisie het meer as drie weke nadat drie vragmotors in Steynsrus in die Vrystaat aan die brand gesteek en van die vrag geplunder is, nege verdagtes in hegtenis geneem.
Duisende bid in wit
’n Golf van mense in wit hemde het die land op Vryheidsdag ingekleur. Die doel van die byeenkomste was vir Christene om vryheid in Jesus te vier en om ook vir die land voor die komende verkiesing te bid.